Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Drake raak nie meegevoer voor WB

Wallis gaan nie meegevoer raak voor volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi ná sy oorwinning oor Suid-Afrika meegebring het dat hy die November-toetse die eerste keer onoorwonne afgesluit het nie.

Warren Gatland / Foto: Getty Images

So sê Warren Gatland, afrigter van die span wat nou nege keer op ’n streep gewen en ’n sterk sielkundige houvas op die Bokke het ná ’n vyfde sege in ses toetse.

Dié Rooi Drake, wat spog met krag en diepte in die meeste posisies, het ’n oortuigende oorwinning van 20 – 11 oor die Springbokke behaal, nadat hulle vroeër in die maand ook met Skotland, Australië en Tonga afgereken het.

“Dit was die taaiste van die toetse wat ons in November gespeel het,” het Gatland oor die kragmeting met die Bokke gesê.

“Die goeie ding van hierdie ouens op die oomblik is dat hulle hulself in moeilike situasies kry, maar steeds kophou. Hulle is gemaklik met die bal,” sê die Nieu-Seelandse breier.

“Ons is tans op ’n goeie plek, want ons het nie vanjaar tuis verloor nie so daar’s ’n lekker gevoel in die kleedkamer. Maar ons weet harde werk lê voor as ons ’n goeie Wêreldbeker-toernooi wil hê.

“Ons gaan nie meegevoer raak nie. Daar sal skrywers wees wat my of die hulpafrigters, Rob Howley en Robin McBryde, kritiseer – hulle moet baie nonsens van mense aanhoor.

“Ons hou egter ons koppe laag, begin dink aan die Sesnasies-reeks en hopelik kan ons ’n goeie ene hê. Dit is my laaste 12 maande (aan die stuur van die span) en ek wil graag op ’n hoogtepunt afsluit. Ek wil hierdie ouens so goed laat speel as waartoe hulle in staat is en wil Walliese rugby in ’n goeie posisie agterlaat.” 

– AFP

Meer oor:  Bokke  |  Warren Gatland  |  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Rooi Drake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.