Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Drie Bokke terug vir Haaie se CB-stryd
André Esterhuizen vir die Bokke teen die Poemas in aksie. Hy keer Saterdag terug na Loftus, maar dié keer in die kleure van die Haaie. Foto: Deon Raath

Drie Springbokke maak Saterdag op Loftus Versfeld hul terugkeer tot die Haaie se beginspan vir die Durbaniete se Curriebeker-kragmeting met die Blou Bulle.

André Esterhuizen en Thomas du Toit sal albei vir die tweede agtereenvolgende week op Loftus uitdraf, nadat hulle die Bokke verlede Saterdag in Pretoria gehelp het om Argentinië te verslaan.

Die vaskopstut Coenie Oosthuizen het ook van ’n skeet herstel en sal saam met Du Toit en die haker Kerron van Vuuren in die voorry sak.

Esterhuizen begin op binnesenter, met die medekaptein Jeremy Ward wat na buitesenter skuif in die veteraan JP Pietersen se plek.

Pietersen is na die plaasvervangersbank gerelegeer.

Die voormalige Kings-flank Andila Ntsila kan sy buiging vir die Haaie as plaasvervanger maak.

Curwin Bosch het nog nie van ’n seer rug herstel nie, wat beteken dat die Junior Bok Boeta Chamberlain weer in die nr. 10-trui sal opdraf.

* Haaie-span: Aphelele Fassi, Kobus van Wyk, Jeremy Ward (mede-k), André Esterhuizen, Lwazi Mvovo, Boeta Chamberlain, Sanele Nohamba, Tera Mtembu (mede-k), Jacques Vermeulen, Phepsi Buthelezi, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Coenie Oosthuizen, Kerron van Vuuren, Thomas du Toit. PLAASVERVANGERS: Dylan Richardson, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Gideon Koegelenberg, Andisa Ntsila, Cameron Wright, Rhyno Smith, JP Pietersen.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.