Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Drie in wedloop om Cheetahs af te rig

Die Vrystaat Rugbyunie kan oor 11 dae aankondig wie by Franco Smith as hoofafrigter van die Cheetahs sal oorneem.

Matthew Proudfoot word blykbaar ook ’n sterk kandidaat beskou om Franco Smith op te volg.Foto: Gallo IMages

So sê ’n woordvoerder van die Vrystaat Rugbyunie.

“Verskeie aansoeke is ontvang en dit was van hoogstaande gehalte. ’n Kortlys is saamgestel en daar is reeds onderhoude met van die kandidate gevoer en verdere onderhoude word nog gevoer,” sê die woordvoerder in ’n verklaring.

Volgens die woordvoerder sal die suksesvolle kandidaat moontlik die week van 24 Junie aangekondig kan word.

“Die onderhoude was van ’n hoogstaande gehalte en die Vrystaat Rugbyunie is baie tevrede met die proses, en dat ’n top aanstelling gemaak gaan word.”

Die nuwe afrigter sal tydens die Curriebeker-reeks by die Vrystaat-Cheetahs aansluit as waarnemer, maar sal nie direk betrokke wees by die afrigting van die span nie. Hy sal hom vergewis van die kultuur en spelers.

Hawies Fourie is glo een van die gunstelinge om by Franco Smith as afrigter oor te neem.Foto: Hawies Fourie

“Die nuwe afrigter sal ná die laaste Curriebekerwedstryd volledig die afrigtingsprosesse oorneem saam met sy afrigtingspan.”

Daar word vertroulik verneem dat drie van die afrigters die paneel beïndruk het, wat die besluit oor wie uiteindelik die nuwe afrigter gaan wees, ’n moeilike een kan maak.

Na wat verneem word is onderhoude reeds met Hawies Fourie, Corniel van Zyl en Daan Human gevoer, terwyl Matthew Proudfoot, Jimmy Stonehouse en David Maidza Donderdag onder die skoot kom.

Die naam van die Engelse Premierliga-afrigter van Bath, Toby Booth, word ook in die wandelgange genoem.

Die name van Deon Davids, Jonathan Mokuena en André Tredoux is vroeër ook aan die pos gekoppel, maar hulle het helaas nie die kortlys gehaal nie.

Davids is blykbaar bestem om by Chean Roux as die Junior Bokke se afrigter oor te neem ná die o.20 Wêreldtoernooi wat in Argentinië gespeel word.

Na die aanbod aan die aangewese kandidaat gemaak is, word ’n week vir onderhandelinge opsy gesit.

Dit is die eerste keer dat die Vrystaat Rugbyunie so ’n proses volg. Vorige aanstellings was natuurlike opvolg-prosesse van afrigters wat by hulle voorgangers oorgeneem het, ná hulle reeds by die span betrokke was.

Meer oor:  Cheetahs  |  Bloemfontein  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.