Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Drie Junior Bokke gee SA o.19’s spiere
Die senter Zwelendaba Mnombo vroeër vanjaar vir die Junior Springbokke teen Frankryk in aksie. Hy draf Maandag vir die SA o.19-span uit in ’n wedstryd teen Georgië. Foto: Getty Images

Drie spelers wat Suid-Afrika vroeër vanjaar by die o.20-Wêreldtoernooi in Argentinië verteenwoordig het, is in die o.19-span vir Maandag se wedstryd teen Georgië in Tbilisi.

Hulle is Jaden Hendrikse (skrumskakel), Zwelendaba Mnombo (senter) en Thabiso Mdletshe (stut). Die span word deur die haker JJ Kotze aangevoer.

Daar is 29 spelers in die SA groep en daar is ooreengekom dat almal speelkans mag kry.

Chean Roux, die SA o.19-span se afrigter en ook breier van die Junior Bokke, sê hulle het goed voorberei.

“Die geriewe hier (in Georgië) is baie goed en die span het lekker geoefen. Dis ’n nuwe groep, maar die meeste van hulle het deur ons ontwikkelingstrukture gevorder en ken mekaar,” het Roux in ’n nuusverklaring deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gesê.

“Ons fokus was sedert ons saamgetrek het hoofsaaklik om die basiese aspekte van die spel onder die knie te kry. Die spelers het goed gedoen as daar in ag geneem word dat hulle nog net vier keer kon saamoefen.”

Chean Roux, afrigter van die SA o.19-span. Foto: Gallo Images

Roux verwag ’n verwoede aanslag deur die Georgiërs.

“Hulle put trots uit hul fisieke aanslag en is sterk in die skrums, lynstane en met dryfbewegings. Ons sal daarop voorbereid moet wees,” sê hy.

“Vir ons is die belangrike ding om teen ’n vinnige tempo te speel, aan ons verdediging te werk en om só effektief as moontlik in sleutelaspekte van die spel te wees.”

Die SA o.19-span is: Cohen Jasper, Muzi Manyike, Zwelendaba Mnombo, Dawid Kellerman, Stravino Jacobs, - Juan Mostert, Jaden Hendrikse, Willem Steenkamp, Werner Gouws, Lindo Ncusane, Adrian Alberts, Lunga Ncube, Hanro Jacobs, JJ Kotze (k), Thabiso Mdletshe. PLAASVERVANGERS: Jason Alexander, Benele Mthenjane, Siphekahle Dube, Werner Coetzee, Thomas Bursey, Ethan Wentzel, Dylan de Leeuw, Morné Brandon, Dewald Donald, Thabo Ndimande, Diego Appollis, Keenan Twigg, Rynhardt Jonker, Bernard van der Linde. – Sportredaksie

Meer oor:  Chean Roux  |  Junior Springbokke  |  Georgië  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.