Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Drie oud-Maties saam met Hawies na VS

Drie spelers wat by die Maties glorie onder Hawies Fourie in die Varsitybeker-reeks gesmaak het, sal hulle saam met die breier vir die Pro14-reeks by die Cheetahs aansluit.

Chris Massyn. Foto: Gallo Images
Rhyno Smith. Foto: Gallo Images
Chris Smit. Foto: Gallo Images
Wilmar Arnoldi. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. het Dinsdag berigte oor die naweek bevestig dat die losvoorspeler Chris Massyn, haker Wilmar Arnoldi en senter Chris Smit, sowel as die Haaie se heelagter Rhyno Smith Pro14-kontrakte met die Cheetahs gesluit het.

Die Cheetahs sal teen die naweek dalk nog ’n nuweling of twee verwelkom.

Die 25-jarige Massyn het die Varsitybeker as kaptein van die Maties (2019) én Tukkies (2017) gelig. Die losvoorspeler van die Westelike Provinsie is vir twee jaar gekontrakteer.

Massyn erken Fourie se skuif na Bloemfontein het sy besluit vergemaklik.

Hy sê dit gaan ook vir hom om gereeld speelkans te kry.

Ná sy voorsmaak van Superrugby vir die Stormers is hy opgewonde oor die moontlikheid om nou ook Pro14-rugby te speel. Hy glo die “ander tipe rugby” daar sal hom pas.

“In Europa is dit meer fisieke spel teenoor Superrugby. Dit gaan my mooi pas. Ek sien myself as ’n fisieke speler,” sê die kantman, wat sy rugby by die Hoërskool Monument geleer het.

Hy is tot die einde van die Curriebeker-reeks by die WP gekontrakteer.

Arnoldi, wat voorheen ook vir die Pukke in die jaarlikse studentereeks gespeel het, en Smit is tans nog by Griekwas gekontrakteer.

Hulle is albei vir twee jaar deur die Cheetahs gekontrakteer.

Smit was vanjaar die Speler van die Reeks in die Varsitybeker-reeks.

Die veelsydige Smith wat ewe tuis op vleuel en heelagter is, het al saam met die Cheetahs ’n voorsmaak van Pro14-rugby gehad.

Hy het verlede seisoen as leenspeler diens gedoen. Hy het met sy terugkeer na die Haaie gesê hy hoop om eendag weer vir die Cheetahs te kom speel.

Dié opwindende agterspeler is vir drie jaar gekontrakteer.

Meer oor:  Rhyno Smith  |  Maties  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.