Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Driekuns aan drieë vir Bok se seun

Die Maties het Donderdag op Tuks se B-veld die teleurstelling van hul nederlaag teen die Ikeys agter hulle gesit deur die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) ’n drag slae van 43-21 te gee.

Die haker André-Hugo Venter het ’n driekuns aan drieë vir die Maties aangeteken in Donderdag se Varsitybeker-wedstryd teen UWK. Foto: Varsity Sport

Voor die afskop was daar ’n persepsie dat die manne in maroen kwesbaar sou wees, maar dis dubbel en dwars die nek ingeslaan deur hul puik agttal in ’n eensydige Varsitybeker-rugbywedstryd.

UWK het in die laaste paar minute hul telling ’n bietjie gepoets met mooi drieë wat deur Tinotenda Mavesere en Patrick Kotzé afgerond is.

Dan het hulle ook baie goed verdedig wanneer die Maties die bal in die hand gehou het.

Die verskil was egter by die onderskeie agttalle. Die Maties het die bal telkemale van strafskoppe af in UWK se kwartgebied uitgeskop en rolmaalbewegings met vrug aangewend om drieë aan te teken.

In die eerste helfte was die Maties ook baie sterk in die skrums, waar hulle die voordeel van ’n provinsiale loskopstut in Leon Lyons en ’n stewige vaskop in Duncan du Buisson gehad het.

André-Hugo Venter was ’n groot uitblinker op haker, terwyl die Maties se heelagter, Nevaldo Fleurs, ook die oog getref het.

Venter is die seun van die voormalige Springbok-flank André Venter.

UWK het ondanks die Maties se oorheersing voorlangs nooit boedel oorgegee nie en het die drieë aan die einde vir hul manmoedigheid verdien.

• Puntemakers: Maties 43 (24): Drieë: Sibabalwe Xamlashe, Duncan du Buisson, André-Hugo Venter (3), Sean Swart (2). Doelskoppe: Christopher Schreuder (4).

UWK 21 (5): Drieë: Tasriq Mynhardt, Tinotenda Mavesere, Patrick Kotze (sewepuntdrie). Doelskoppe: Branden de Kock (2).

Meer oor:  Varsitybeker-Reeks  |  Maties Uwk  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.