Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Droë Kaapstad ‘sal sewesstatus behou’
As dit van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie afhang, sal Kaapstad ’n gasheerstad bly in die Wêreld-sewesreeks.Foto: Jaco Marais

Waterkrisis of te not, Kaapstad bly die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se voorkeurstad om die jaarlikse Wêreldreeks-sewestoernooi aan te bied.

Dít is nou as Wêreldrugby besluit om weer ’n kontrak van vier jaar aan Suid-Afrika toe te ken, het Saru se uitvoerende hoef, Jurie Roux, gesê.

Roux het Woensdag aangekondig dat Saru weer formeel aansoek gedoen het om ’n skof van die Wêreldreeks aan te bied.

Wêreldrugby sal volgende jaar, ná die afhandeling van die huidige reeks, ’n aankondiging oor toekomstige gasheerlande en -stede maak.

As jy 110 000 kaartjies kan uitverkoop, is dit bitter moeilik om nie suksesvol te wees nie.
Jurie Roux

Sedert die toernooi vanaf Port Elizabeth se Nelson Mandelabaai-stadion na die Kaapstad-stadion verskuif het, het die toernooi ’n groot trekpleister op die jaarlikse sportkalender geword, met kaartjies wat vanjaar vir ’n derde keer agtereenvolgens binne die bestek van ’n dag uitverkoop is.

“Ons voldoen aan al Wêreldrugby se vereistes vir die aanbied van ’n suksesvolle toernooi en is ook drie jaar agtereenvolgens deur deelnemende spanne aangewys as die land met die beste toernooi, sê Roux.

“As jy 110 000 kaartjies kan uitverkoop, is dit bitter moeilik om nie suksesvol te wees nie.

“Die borge hou daarvan, so ons is regtig in ’n goeie posisie. As daar enige veranderinge aan die kalender gemaak gaan word, dink ek hulle sal eerder kyk na die toernooie in Singapoer, Parys en Londen, wat tans finansieel nie so suksesvol is nie.

Jurie Roux. Foto: Argief

“Dit is nie ’n volledige tenderproses, soos met die Wêreldbekertoernooi waar daar gestem word oor wie ’n toernooi kry nie. Jy dien basies net jou dokumente en evaluerings in en dan neem Wêreldrugby se uitvoerende bestuur ’n besluit.”

Die Wes-Kaap ervaar tans een van sy ergste droogtes in sy geskiedenis, wat die Kaapse stadsraad onder enorme druk plaas, maar Roux sê daar sal tydens vanjaar se toernooi kwaai bewusmaking oor die besparing van water gedoen word.

Saru se huidige kontrak met die Kaapse stadsraad verstryk ná volgende jaar se toernooi, maar Roux sê daar is geen kans dat daar met ander stede in Suid-Afrika onderhandel sal word om die toernooi in die toekoms aan te bied nie.

“Kaapstad bly ons voorkeur-kandidaat, want ons het ’n suksesvolle resep,” sê Roux.

Meer oor:  Jurie Roux  |  Kaapstad  |  Saru  |  Blitsbokke  |  Sewesrugby  |  Wereldreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.