SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Dry se Blitsbok-droogte op ’n einde
Chris Dry is die eerste keer in langer as ’n jaar weer deel van die Blitsbokke. Foto: Gallo Images

Swak spelpeil het Ryan Oosthuizen sy plek in die Blitsbokke se groep gekos vir die volgende twee toernooie van Wêreldrugby se sewesreeks.

Die 23-jarige Oosthuizen is een van die drie veranderings aan die Suid-Afrikaanse sewesspan se groep vir aanstaande week se toernooi in Hamilton en ’n week later in Sydney, Australië.

Hy word vervang deur die ervare Chris Dry, wat met 64 toernooie agter sy naam spog en die grootste deel van die vorige seisoen weens ’n kniebesering misgeloop het.

Dry (30) se laaste verskyning vir die Blitsbokke was langer as ’n jaar gelede, tydens die Kaapstad-toernooi laat in 2017.

Stedman Gans, wat die eerste twee toernooie van die nuwe seisoen weens ’n enkelbesering misgeloop het, vervang Muller du Plessis, wat ’n rugbesering in Desember tydens die Kaapstad-toernooi opgedoen het.

Selvyn Davids, wat die plaasvervanger in die Moederstad was, maar wel speelkans gekry het, het sy plek in die groep behou in die plek van Rosko Specman (wat nou vir die Bulle Superrugby gaan speel).

Chris en JC (Pretorius, wat die plaasvervanger is) het hulle goed van hul taak vir die SA Akademiespan in Dubai gekwyt.
Neil Powell

“Ek dink nie dit was een van Ryan se beste toernooie in die Kaap nie. Chris en JC (Pretorius, wat die plaasvervanger is) het hulle goed van hul taak vir die SA Akademiespan in Dubai gekwyt,” sê Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke.

“Dié twee ouens het uitgehaal en gewys en ek moet hulle beloon. Dit is wonderlik dat Chris deel van die groep is, omdat hy so vol energie is.”

Philip Snyman, die Blitsbokke se kaptein-kanniedood, is reg en fiks om Suid-Afrika in Nieu-Seeland te verteenwoordig. Foto: Gallo Images

Mfundo Ndhlovu het die afgelope week ’n dyspierbesering opgedoen, wat sy kans bederf het om in die groep ingesluit te word.

Ná die toernooi in Kaapstad was daar natuurlik ’n gros Blitsbokke op die krukkelys weens beserings en was daar selfs onduidelik oor die kaptein, Philip Snyman, se beskikbaarheid weens ’n borsbesering.

“Ek was maar in ’n stadium bekommerd oor al die beserings. Dit was nogal ’n uitdaging om die ouens tydens ons oefenkampe te bestuur,” sê Powell.

Volgens die breier het die span baie aandag aan aspekte soos hul verdediging rondom skrums gegee sedert hy vroeg in die jaar weer saamgetrek het.

Blitsbok-groep (toernooie in hakies):
Chris Dry (64), Philip Snyman (56, k), Impi Visser (2), Zain Davids (15), Werner Kok (39), Kyle Brown (67), Branco du Preez (63), Selvyn Davids (7), Justin Geduld (38), Dewald Human (6), Siviwe Soyizwapi (20), Stedman Gans (11). PLAASVERVANGER: JC Pretorius (0).

 

Meer oor:  Chris Dry  |  Neil Powell  |  Suid-Afrika  |  Sydney  |  Hamilton  |  Rugby  |  Sewesrugby  |  Wereldreeks  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.