Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Du Plessis Bulle se hoof van junior rugby

Die Blou Bulle Maatskappy het aangekondig dat die voormalige breier van Grey-kollege se eerste span, Wessel du Plessis, hom by hulle aansluit as hoof van junior rugby, met die direkteur van rugby, Jake White, wat voortgaan om nuwe lewe te blaas in al die strukture van die franchise.

Wessel du Plessis verruil Bloemfontein vir Pretoria. Foto: Mlungisi Louw

Die 35-jarige Du Plessis het die Vrystaat se o.20- en sewesspanne verteenwoordig voordat beserings ’n einde aan sy speelloopbaan gemaak het en hy sy loopbaan in 2004 as afrigter begin het met die Vrystaatse o.17-span.

Du Plessis het hom in 2010 by Grey-kollege as ’n onderwyser aangesluit en in 2014 is hy as die afrigter van die eerste span aangestel.

Onder sy leiding het Grey die Suid-Afrikaanse skolerugbylandskap oorheers en het voortdurend spanne soos Affies en die Hoër Jongenskool Paarl geklop.

Hy is vroeër vanjaar as die hoofafrigter van die SA Skole-A-span aangestel.

Du Plessis is gretig om ’n onmiddellike impak met die Bulle se junior spelers te maak en het die Bulle bedank vir die vertroue wat hulle in hom en sy vermoëns stel.

“Ek is passievol daaroor om jong spelers te help om hul potensiaal te verwesenlik en om dit by die Bulle te kan doen is die kersie op die koek.

“Die junior strukture by Loftus Versfeld is indrukwekkend terwyl die spelers van ’n uitsonderlike gehalte is soos gesien kan word met Loftus wat die tuiste is van SA Rugby se o.21- en o.19-kampioene.

“Ek sien uit daarna om met die volgende geslag Bulle te werk en my hartlike dank aan die Blou Bulle Maatskappy vir die geleentheid,” sê Du Plessis.

White het bygevoeg hoewel die Bulle die voorste span by Loftus is, moet die klem daarop wees om die volgende Superrugby-spelers te kweek.

“Om ’n wenkultuur te kweek begin onder en dis belangrik om in die toekoms van Bulle-rugby te belê.

“Toe ek by die Bulle aangesluit het, het ek gesê my doelwit is om skole- en klubstrukture te verbeter, en om ’n afrigter van Du Plessis se kaliber aan te stel is ’n tree in die regte rigting,” sê White. – Sportredaksie

Meer oor:  Jake White  |  Blou Bulle Maatskappy  |  Wessel Du Plessis  |  Bulle  |  Grey-Kollege  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.