Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Du Preez berispe oor sy ‘insekte’

Om joernaliste kakkerlakke te noem, is roekeloos en die Haaie-rugbyunie distansieer hom daarvan.

Dit was die afgelope week die unie se reaksie nadat Robert du Preez, afrigter van hul Superrugby-span, verlede week teen die Durbanse sport-joernaliste uitgevaar en hulle “kakkerlakke” genoem het.

Du Preez het op die nuuskonferensie ná sy span se oorwinning oor die Stormers sy woede oor beriggewing oor sy span uitgespreek.

Du Preez

Die Haaie het sy uitspraak by navraag veroordeel en gesê dit verteenwoordig nie die unie se waardes en norme nie. Dit is ook so aan Du Preez oorgedra.

’n Woordvoerder van die unie sê as ’n span nie na sy potensiaal speel nie en ’n afrigter kom onder skoot van die media, is dit soms “moeilik om dit nie persoonlik op te neem nie”.

Die unie sê hulle veroordeel Du Preez se reaksie ten sterkste.

“Die roekelose opmerking wat deur Robert gemaak is, was in antwoord op ’n vraag waarin hy beskryf is as ’n dead man walking. Dit weerspieël nie ons handelsmerkwaardes van inklusiwiteit en die gemeenskap nie en dit is aan hom oorgedra.”

Hoewel die unie nie melding daarvan gemaak het nie, was dit nie die eerste keer dat Du Preez sy kritici kakkerlakke genoem het nie. Verlede maand voor die wedstryd teen die Crusaders in Christchurch het hy ook sy “kakkerlak-kritici” uitgejou. “Al die kakkerlak-kommentaar op sosiale media en die oningeligte menings van joernaliste het ons nie geraak nie,” het hy aan Netwerk24gesê.

Hardnekkige gerugte loop steeds dat Du Preez moontlik nie sy kontraktermyn gaan uitdien nie. Die Haaie het bewerings ontken dat hy ’n rol aanvaar het by die Sale Sharks, waar sy drie seuns ná die Superrugby-seisoen gaan aansluit. Sy kakkerlakke-opmerking het glo sy verhouding met die direksie verder versuur.

Du Preez moes die seisoen vootdurend vure doodslaan weens sy spankeuses en bewerings dat hy sy seun Robert Junior bo spelers soos Curwin Bosch en Aphelele Fassi bevoordeel. Bosch was vanjaar uitmuntend op losskakel, terwyl Fassi tans een van die gevaarlikste heelagters is.

Terwyl vrae gevra is oor die span se wisselvalligheid, het die Sharks steeds deurgedring tot die Superreeks se kwarteindstryd.

Braam van Straaten en Ricardo Loubscher, twee van Du Preez se assistente, het ’n week gelede bedank. “Verskille” met die hoofafrigter is as redes aangevoer.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Afrigter  |  Joernaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.