Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Du Preez-broers vat vir Joe Marler vas
Akker van der Merwe op pad doellyn toe vir Sale Sharks teen die Harlequins in Engeland. Foto: Getty Images

Vyf Suid-Afrikaners het uitgeblink in die Sale Sharks se oorwinning van 48-10 oor die Harlequins in ’n wedstryd wat Vrydagaand in die Engelse Premierliga gespeel is.

Die haker Akker van der Merwe en senter Rohan Janse van Rensburg het vir die Sharks drieë gedruk en die losskakel Robert du Preez was suksesvol met vier doelskoppe en twee strafskoppe pale toe.

Du Preez se broers, die losvoorspelers Dan en Jean-Luc, was ook skitterend op dreef en het die Harlequins met hul doelgerigte lopies laat steier.

So gefrustreerd het die Du Preez-broers die Quins-manne gehad dat die Quins se loskopstut Joe Marler vir Jean-Luc met ’n elmboog in die gesig bygekom het.

Joe Marler maak vrede met Jean-Luc du Preez nadat hy hom met die elmboog in die gesig geslaan het. Marler het seker nie geweet dat jy met al drie die Du Preez-broers te doen kry as jy aan een slaan nie. Foto: Getty Images

Vir sy oortreding is Marler van die veld afgestuur, maar nie voordat al drie die Du Preez-broers hom deeglik laat verstaan het dat hy met vuur speel nie.

Elders in Brittanje is daar Vrydag ook twee Pro-14-wedstryde afgehandel.

In die een wedstryd het Ulster nogal met Munster gemors om met 38-17 te wen en die Scarlets het hard gewerk om die Cardiff Blues met 16-14 ore aan te sit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.