Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Du Preez: ‘Dís waarom ek Robert kies’
Die Haaie se losskakel Robert du Preez keer Saterdag terug na die veld waar hy sukses in ’n WP- en Stormers-trui behaal het.Foto: Gallo Images

Beast Mtawarira sal die vonk vir die Haaie moet verskaf om weer op die wenpad te kom.

Nadat hy bykans die laaste twee maande uit aksie was weens ’n kniebesering, is die mees ervare Super-rugbyspeler in Suid-Afrika terug in aksie vir Saterdag se Superwedstryd teen die Stormers op Nuweland in Kaapstad.

Hy vervang vir Mzamo Majola as loskopstut en die afrigter, Robert du Preez, het dit Donderdag as “wonderlike nuus” beskryf.

Die Haaie sal hoop dat Mtawarira se terugkeer net so inspirerend sal wees as vroeër in die seisoen toe hy die wedstryd gespeel het waarin hy die nuwe rekordhouer vir die meeste verskynings deur ’n Suid-Afrikaner geword het en sy spanmaats ter ere van hom die Leeus op Ellispark behoorlik verniel het.

Daar is geen twyfel nie dat die Haaie met Beast in die span net ’n ander dierasie is as daarsonder.

Beserings het behoorlik gemaai onder die Haaie en die slot Ruan Botha en die heelagter, Curwin Bosch, is albei uit aksie.

Botha, wat las het van ’n voetsenuwee-probleem, word vervang deur Ruben van Heerden, terwyl Aphelele Fassi by Bosch oorneem.

Volgens Du Preez is die nuus oor Bosch darem positief en blyk sy enkelbesering nie ’n langertermynsituasie te wees nie.

“Hy het die enkelspier net verrek en daar is nie ’n strukturele besering nie. Ek glo hy sal al volgende week kan speel,” en het daarmee sy oortuiging aangedui dat hy glo sy span sal die Stormers kan klop en tussen die voorste agt spanne op die puntelys eindig.

Hy het die enkelspier net verrek en daar is nie ’n strukturele besering nie. Ek glo hy sal al volgende week kan speel.
Robert du Preez

Du Preez het ook sy omstrede besluit verlede week verduidelik deur sy seun, Robert, bo Bosch op losskakel te kies teen die Jaguares in Buenos Aires en Bosch uit te skuif na heelagter.

“Ons het teen ’n internasionale span gespeel en ek het gevoel ons het op losskakel en heelagter twee spelers nodig gehad wat al toetsrugby gespeel het en weet waaroor dit gaan,” het hy gesê.

Wat sy seun, wat voorheen vir die Stormers en die Westelike Provinsie gespeel het, se gebrekkige spelpeil betref, het Du Preez gesê hy het verlede jaar baie rugby gespeel, nadat hy ná die plaaslike seisoen ook ’n draai by die Sale Sharks in Engeland gemaak het.

“Ek wou hom nie aan die begin van hierdie seisoen so baie gebruik nie, maar met Curwin wat vroeg beseer was, moes ek Rob toe meer gebruik as wat ek wou.

Robert du Preez, die afrigter van die Haaie.

“Met al die baie speel, het hy sy peil verloor. Hierdie is egter ’n baie belangrike wedstryd en hopelik is dit teen ’n span wat hy ken net wat hy nodig het om ook weer sy vonk terug te kry.

“Dit sal egter ’n spanpoging verg om die Stormers te klop en nie net van een speler afhang nie,” sê hy.

Du Preez verwag ’n tipiese SA derby en reken al is die Stormers ook sonder verskeie van hul voorslag-spelers, sal hulle steeds ’n formidabele span wees.

“Hulle het nog net een wedstryd (teen Brumbies) op Nuweland verloor en hulle is ’n baie trotse span wat nie sommer tou opgooi nie. Ons sal met iets spesiaal vorendag moet kom,” reken Du Preez.

Die Haaie se span is:
Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Robert du Preez, Louis Schreuder (k), Daniel du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Coenie Oosthuizen, Kerron van Vuuren, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Cullen Collopy, Mzamo Majola, Thomas du Toit, Gideon Koegelenberg, Luke Stringer, Cameron Wright, Jeremy Ward, Rhyno Smith.


Meer oor:  Curwin Bosch  |  Beast Mtawarira  |  Robert Du Preez  |  Kaapstad  |  Durban  |  Stormers  |  Haaie  |  Derby  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.