Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs kalm in ’n tyd van onsekerheid
Jacques du Toit se terugkeer na die Cheetah-span is Saterdag in die wiele gery toe die Superrugby-wedstryd tussen hulle en die Leeus in Johannesburg op die nippertjie afgelas is. Foto: Gallo Images

Jacques du Toit, wat lank die Cheetahs se eerstekeuse-haker onder Franco Smith was, is terug in die Vrystaters se kamp, maar dit is net tydelik.

Hy word geleen by die Southern Kings en hy sou die afgelope Saterdag teen die Leeus op die plaasvervangersbank gewees het, maar die wedstryd het toe weens die tuisspan se Covid-19-krisis toe nooit plaasgevind nie.

Oor sy tuiskoms was hy heel filosofies.

“Ek het lankal geleer dat jou huis is waar jou hart is in rugby. Ons bedryf behels te veel skuiwe om een plek as ’n huis te beskou.

Dis lekker om tussen bekende gesigte te wees en die soort hardlooprugby te speel waaraan ek gewoond is.
Jacques du Toit

“Port Elizabeth (die tuiste van die Kings) was vir ons huis gewees toe ek daar was en noudat ek tydelik terug is by die Cheetahs, is Bloemfontein vir eers my huis. Dis lekker om tussen bekende gesigte te wees en die soort hardlooprugby te speel waaraan ek gewoond is,” sê die 26-jarige Du Toit, ’n gebore Bloemfonteiner.

Hy het natuurlik by die Cheetahs aangesluit met ’n paar nuwe afrigters nou aan die stuur, maar baie van sy destydse spanmaats is darem nog in Bloemfontein.

Hawies Fourie, afrigter van die Vrystaat-Cheetahs. Foto: Mlungisi Louw

“Daar’s ’n groot rustigheid en selfvertroue in die span en ek glo Hawies (Fourie, hoofafrigter) het ’n groot rol daarin.

“Die Cheetahs bevind hul in onsekere tye, maar Hawies en die spelers kry dit goed reg om te fokus op die rugby en seker te maak ons bewys ons as die beste span in die land.”

Hy sê gegewe al die onsekerheid wat deur die Covid-19-pandemie teweeggebring is, is sy hoofdoelwit nou eenvoudig om soveel as moontlik vir die Cheetahs te speel.

“Ek glo ek is ’n totaal ander speler as ’n jaar gelede. As die Kings nog gespeel het, sou ek kaptein gewees het en dit het my die selfvertroue gegee om as ’n leier terug te kom hierheen.

“Wanneer jy in so ’n posisie geplaas word (om kaptein te wees) dwing dit jou om beter te wees, beter te oefen en beter te speel. Die standaarde wat ek vir myself stel, is dus baie hoër.”

Hy sê dis teleurstellend dat hulle nie Saterdag kon speel nie, maar hy en sy spanmaats begryp dat hul veiligheid voorop gestel is.

Meer oor:  Hawies Fourie  |  Port Elizabeth  |  Bloemfontein  |  Southern Kings  |  Cheetahs  |  Rugby  |  Haker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.