Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Duane Bulle se troefkaart vir CB-glorie’

Wanneer Pote Human, voormalige afrigter van die Bulle, in sy kristalbal kyk hoe die res van die Curriebeker-reeks gaan verloop, staan een gesig uit: Duane Vermeulen.

Met die reeks wat sy pylvak nader, is Human (61), wat tot vroeg in 2020 die Pretorianers gebrei het, gevra wat sy voorspelling is.

Stop dié lorrie! Duane Vermeulen sit op ’n lopie af toe die Bulle en Vrystaat-Cheetahs in Oktober in die Superrugby Unlocked-reeks in Bloemfontein slaags was. Foto: Gallo Images

Ná die Vrystaat-Cheetahs se nederlaag die afgelope naweek teen die Westelike Provinsie, sal die Bulle, Leeus, Haaie en Kapenaars sake in die halfeindronde uitspook.

Maar die laaste ligawedstryde word hierdie naweek beslis, wat sal bepaal watter twee spanne tuisveldvoordeel sal hê.

“Dit gaan baie moeilik wees om die Bulle te klop. Hulle is honger vir glorie en het die potensiaal om die Curriebeker te wen. In Duane het hulle ’n kaptein wat baie goed is en Jake White vaar ook baie goed as afrigter,” sê Human.

Moenie ’n fout maak nie, die Leeus gaan kom vir die Bulle en hulle (die Johannesburgers) sal glo dat hulle ’n kans staan om te wen.

“Uiteindelik gaan die Bulle waarskynlik op Loftus geklop moet word en dit gaan baie moeilik vir enige van die ander spanne wees. Dan is daar soos wat ek na Duane verwys: Die Duane Vermeulen-faktor.”

Die Pretorianers kon in 2009 laas daarin slaag om vonkelwyn uit die Curriebeker te drink en sal glo dat dit hulle binne die volgende paar weke weer beskore gaan wees.

By Pote Human is daar min twyfel dat die Curriebeker vanjaar weer staanplek in die Jakarandastad gaan kry. Foto: Gallo Images

Maar daar is eers ’n hekkie of twee om te oorkom. Covid-19 het in die onlangse weke tent opgeslaan in die Bul-kamp. Dit het tot die uitstel van wedstryde gelei, wat beteken dat hulle Woensdag teen die Leeus op Loftus Versfeld te staan kom en dan weer Sondag teen die Pumas.

“Moenie ’n fout maak nie, die Leeus gaan kom vir die Bulle en hulle (die Johannesburgers) sal glo dat hulle ’n kans staan om te wen.

“Daar is natuurlik die kwessie van Covid-19 en hoe dit die Bulle gaan raak (byvoorbeeld hoeveel van hul voorste spelers beskikbaar is) en die Pumas (Sondag in Mbombela) gaan ook nie ’n maklike wedstryd wees nie.”

Human verwag dat Saterdag se kragmeting tussen die WP en Haaie op Nuweland ’n behoorlike armdruk gaan afgee. Die Kapenaars is tans tweede op die punteleer met 35 punte, met die KwaZulu-Natallers vierde op 33. Die wenner van die stryd gaan straks verseker wees van ’n tuishalfeind.

“Die Haaie is baie op en af. Hulle het ’n paar weke gelede baie goed gevaar om die Bulle te klop, maar toe verloor hulle daarna weer (teen die Leeus en Cheetahs). Maar die manier waarop hulle (die Durbaniete) die afgelope naweek Griekwas geklop het, was ongelooflik,” sê Human.

“Wat die WP betref, is hulle nogal vanjaar teleurstellend. Hulle was baie gelukkig om die afgelope naweek teen die Cheetahs te wen.

“Maar ons is nou in die pylvak van die kompetisie en enigiets kan gebeur. Wat wel in die WP se guns tel, is dat hul vaste vyf, en veral hul Springbok-voorry (Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi en Frans Malherbe) regtig baie goed is.”

Meer oor:  Pote Human  |  Duane Vermeulen  |  Bulle  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.