Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saru vereer Duane, Jake met pryse
Duane Vermeulen is vereer as Suid-Afrika se rugbyspeler van die jaar vir 2020. Foto: Gallo Images
Jake White, die Bulle se breier, is die afrigter van die jaar. Foto: Gallo Images
White en Vermeulen vier die Bulle se buit van die Superrugby Unlocked-trofee. Foto: Gallo Images

Duane Vermeulen is as Suid-Afrika se rugbyspeler van die jaar aangewys, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Donderdag in ’n nuusverklaring aangekondig.

Sy breier by die Bulle, Jake White, is as afrigter van die jaar vereer. Die Bulle het die Haaie en Springbok-sewesspan ook uitgestof om die eerbetoon van span van die jaar.

Vermeulen is ook as die Superrugby- en Unlocked-speler van die jaar vereer.

Met Vermeulen as kaptein en agtsteman aan die spits, het die Bulle beide die Superrugby Unlocked- en Curriebeker-titel gewen.

Nóg twee Bulle – Cornal Hendricks en Stedman Gans – het ook eerbewyse gekry. Hendricks is die Curriebeker-speler van die jaar en Gans die Springbok-sewesspeler van die jaar.

Meer oor:  Duane Vermeulen  |  Jake White  |  Toekennings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.