Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duane se Bok-opdrag: meld aan
Duane Vermeulen. Foto: Getty

Duane Vermeulen het van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) opdrag gekry om hom op 5 Junie by die Springbokkamp aan te meld ongeag strafmatreëls wat sy Franse klub teen hom kan instel.

Doen hy dit nie, sal hy verplig wees om sy internasionale uittrede skriftelik aan die beheerliggaam bekend te maak sodat hy in Junie vir Toulon in die Franse Top-14 liga kan speel. Dit sal beteken dat Vermeulen dan vir ses maande nie toetsrugby mag speel nie.

Die wintertoetse in die Suidelike Halfrond val in Wêreldrugby se vensterperiode. Toulon is dus verplig om sy toetsspelers vry te stel.

As ’n speler egter uit eie wil sy klub bo sy land kies, is die uittree-reël ter sprake. So ’n speler mag vir ses maande nie toetsrugby speel nie. Die 29-jarige Vermeulen word as die gunsteling beskou om die Bokke in hul drie toetse teen Ierland te lei.

Meer oor:  Duane Vermeulen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.