Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duane terug, lei Bulle teen Stormers
Duane Vermeulen sal op sy pos wees wanneer die Bulle Saterdagaand in Kaapstad teen die Stormers in die Reënboogbeker-kompetisie speel. Foto: Gallo Images

Die Bok-agtsteman Duane Vermeulen sal die Bulle Saterdag teen die Stormers in die Reënboogbeker-kompetisie aanvoer nadat hy volkome van ’n knieoperasie herstel het.

Dit sal die eerste wedstryd sedert die Curriebeker-eindstryd in Januarie wees vir Vermeulen, wat Nizaam Carr se plek in die beginspan kry.

Die slot Walt Steenkamp kry die Ligbloues se nr. 4-trui, met die jong Janko Swanepoel wat bank toe skuif.

Die Bulle sal ook in die agterlyn meer ervaring hê. Morné Steyn neem op losskakel by Chris Smith oor, terwyl David Kriel op heelagter ten koste van James Verity-Amm ingesluit is.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het intussen aangekondig dat hy ’n kontrak met die voormalige senter van die Leeus Harold Vorster gesluit het.

Bulle: David Kriel, Madosh Tambwe, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Morné Steyn, Embrose Papier, Duane Vermeulen (k), Elrigh Louw, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Lizo Gqoboka, Jacques van Rooyen, Janko Swanepoel, Nizaam Carr, Zak Burger, Chris Smith, James Verity-Amm.

Meer oor:  Duane Vermeulen  |  Stormers  |  Bulle  |  Reënboogbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.