Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duane voer Bokke aan teen All Blacks

Duane Vermeulen sal Saterdag die Springbokke in Wellington teen die All Blacks aanvoer.

s
Duane Vermeulen sal Saterdag in Nieu-Seeland Siya Kolisi se skoene as Bok-kaptein teen die All Blacks volstaan. Foto: Getty Images

Die 33-jarige Vermeulen, wat vanjaar vir die Bulle Superrugby gespeel het, neem dié verantwoordelikheid by die slot Eben Etzebeth oor.

Etzebeth het die Bokke die afgelope Saterdag in die openingsronde van die Rugbykampioenskap teen die Wallabies in Johannesburg gelei.

Rassie Erasmus, die Springbok-hoofafrigter, het net drie spelers wat teen Australië gespeel het – Etzebeth, die flank Pieter-Steph du Toit en die blits Makazole Mapimpi – in sy beginspan behou.

Die Leeus-flank Kwagga Smith kry sy tweede kans in die beginspan en vorm saam met Vermeulen en Du Toit die lostrio.

Handré Pollard en Faf de Klerk keer terug as die skakelpaar, terwyl die belowende Herschel Jantjies een van die plaasvervangers is.

Springbokke: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen (k), Pieter-Steph du Toit, Kwagga Smith, Franco Mostert, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, RG Snyman, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn, Jesse Kriel.

Rugbykampioenskap: Puntelys

Meer oor:  Bokke  |  Duane Vermeulen  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.