Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duanne ryg paaltjies in teen Pakistan

Die eerste uur van spel gister, waarin die Proteas soveel kanse verbrou het om paaltjies te kry, was baie frustrerend vir die tuisspan.

Dale Steyn wens Duanne Olivier geluk met een van sy paaltjies teen Pakistan. Foto: Gallo Images

Maar, sê Duanne Olivier, snelbouler van die Suid-Afrikaners, dit is hoe dinge in krieket maar gaan en hulle moes net so vinnig as moontlik hergroepeer en aanbeweeg.

Suid-Afrika het tans ’n voorsprong van 212 lopies met vyf paaltjies staande in hul tweede beurt. Pakistan is vroeër gister vir 185 uitgehaal.

“Dit was belangrik om nie daaroor (die verspeelde kanse) te tob nie,” het Olivier gister gesê.

“Toe hulle die spel vir drankies onderbreek, kon ons hergroepeer en daarna doen wat voorheen vir ons gewerk het.”

Dit was veral Dale Steyn wat as bouler onder die verspeelde kanse deurgeloop het. Olivier sê egter dat daar nie harde woorde van die Proteas-veteraan gekom het nie.

Olivier het die deurbraak gemaak toe daar uiteindelik aan ’n vangkans vasgeklou is. Daarna het hy nog ’n paaltjie platgetrek om die Proteas in beheer te kry.

Met 21 paaltjies op sy kerfstok tot dusver, is die Proteas-groentjie die voorste paaltjievraat in die reeks, met Rabada op 14 die naaste aan hom. Gister het hy weer vyf paaltjies platgetrek om Pakistan se gal te werk.

Olivier is dankbaar dat hy en sy boulmaats nie gister teen die muggies op die Wanderers moes stoei nie, anders as Pakistan se boulers. Tóg het die besoekers goed gedoen om vyf Pro­teas-paaltjies te laat kantel.

Safraz Ahmed, kaptein van Pakistan, het gister gesê sy span het goed gekolf en geboul, maar dat hulle steeds te louwarm is.

“Ons het aanvanklik goed geboul, maar die laaste 45 minute van spel was ons nie op standaard nie.”

Meer oor:  Pakistan  |  Proteas  |  Duanne Olivier  |  Toetsreeks  |  Krieket  |  Snelbouler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.