Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Dubbele standaarde’ grief Dyddgu

’n Walliese vrouerugbyspeler het gal gebraak oor die “voorkeurbehandeling” wat mansrugby gedurende die Covid-19-pandemie geniet.

Dyddgu Hywel het uitgevaar nadat Wêreldrugby vandeesweek aangekondig het dat die Wêreldbeker-toernooi vir vroue, wat later vanjaar in Nieu-Seeland moet plaasvind, straks na volgende jaar geskuif gaan word.

Dyddgu Hywel in aksie vir Wallis in ’n wedstryd teen Hongkong by die Wêreldbeker-toernooi vir vroue in 2017 in Dublin. Foto: Getty Images

Die voorstel om die toernooi te skuif is gemaak weens die onsekerheid wat heers rondom Covid-19 en veral omdat dit sommige spanne se voorbereiding bemoeilik.

Die Sesnasies-reeks vir vroue was aanvanklik geskeduleer om saam met die mans s’n vroeg in Februarie te begin, maar gaan nou eers in April afskop.

Wat verder tot die 31-jarige Hywel se ongelukkigheid bydra, is dat daar laat in 2020 ’n Nasiesbeker gehou is waaraan lande soos Wallis, Engeland en Ierland se manspanne deelgeneem het.

Maar vrouespelers moes droëbek sit, met geen wedstryde wat vir hulle gereël is nie.

“Wat regtig vir my teleurstellend is, is hoe die mans verlede jaar ’n Nasiesbeker gekry het,” het Hywel aan die BBC gesê.

“Hulle (manspanne) kry vanjaar ’n normale Sesnasiesreeks . . . maar hoekom word die vrouespel anders hanteer? Ons praat steeds oor gelykheid in sport, en dít in 2021.

“Ons behoort nie meer hierdie tipe gesprekke te hê nie, en ek het totale begrip vir die Covid-19-situasie, maar dit geld almal.” – Reuters

Meer oor:  Wallis  |  Nieu-Seeland  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.