Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duhan-heldedaad help Skotte nie
Jaco van der Walt
Die Skotse losskakel, Jaco van der Walt, loop hom teen Ierland se James Ryan vas. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaner Duhan van der Merwe het met ’n uitmuntende solo-drie vir die hoogtepunt in gister se Nasiesbeker-kragmeting in Dublin gesorg, maar dit kon sy span nie oor die wenstreep kry in hul wedstryd teen Ierland nie.

Die Iere was vir 60 van die 80 minute in beheer in sy sege van 31-16 oor Skotland in Dublin.

Van der Merwe, ’n vleuel, het in die 55ste minuut op skrumskakel naby Ierland se tientreë-lyn vir Skotland by ’n losgemaal diens gedoen. Eerder as om die bal bloot te laat loop, het hy Ierland onverwag betrap deur om die losskrum te breek en regs van die pale oor te duik.

Sy drie en die eerste 20 minute van die toets om die derde plek in die Nasiesbeker was die enigste werklike ligpunte vir Skotland. Uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt is dit noemenswaardig dat Van der Merwe en die losskakel Jaco van der Walt al die Skotte se punte behaal het.

Van der Walt sal tevrede met sy toetsbuiging wees. Sy stelskopwerk was goed en hy het in die eerste helfte, toe die Skotte nog soms op die voorvoet was, die voordeellyn goed aangeval.

Ongelukkig moes hy en sy spanmaats ná die 31ste minuut grootliks verdedig, nadat die Skotse binnesenter, Duncan Taylor, met ’n geelkaart gestraf is omdat hy die aangee van sy regstreekse teenstander, Bundee Aki, in die besoekers se kwartgebied afgeklap het.

Selfs die Skotte se skrum, wat deur die Suid-Afrikaner Pieter de Villiers afgerig word, was daarna meestal in trurat.

Die Iere se agttal het die toets nie begin soos hulle graag sou wou nie, maar ná 20 minute se spel het hulle voorlangs volkome beheer geneem.

Die lostrio van die Iere, CJ Stander, Peter O’Mahony, Caelan Doris, was uitstaande as baldraers. Die drietal se werkverrigting was ewe indrukwekkend.

Nog ’n Ierse voorspeler wat vermelding verdien, is die Suid-Afrikaanse slot Quinn Roux. Hy het ’n groot impak gemaak toe hy die beseerde Iain Henderson vervang het.

  • Ierland (31) Drieë: Keith Earls (2),  Cian Healy. Doelskoppe: Johnny Sexton (2). Strafdoele: Sexton (2), Ross  Byrne (2). Skotland (16) Drie: Duhan van der Merwe. Doelskop: Jaco van der Walt. Strafdoele: Van der Walt (3)
Meer oor:  Skotland  |  Duhan Van Der Merwe  |  Nasiesbeker  |  Ierland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.