Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duitse haker meld by Kings aan
Die haker Kurt Haupt toe hy voorheen by die Southern Kings was. Foto: Gallo Images

Daar was Dinsdag twee nuwe gesigte – die van die haker Kurt Haupt en die losskakel Garrick Mattheus – by die Southern Kings se oefening vir Vrydagaand se Pro14-stryd teen die Cheetahs.

Haupt is ’n ou bekende in die Baai, want hy het al vir die Kings gespeel. Hy was die laaste paar maande by Worcester Warriors in Engeland en het ook vir Duitsland in ’n toets gespeel.

“Kurt is by ons tot die einde van die seisoen om diepte te gee op haker, want Kerron van Vuuren, wat ’n tydjie lank aan ons deur die Haaie geleen is, is terug Durban toe,” het Deon Davids, die Kings se breier, verduidelik.

Mattheus, wat voorheen vir die Oostelike Provinsie uitgedraf het en verlede seisoen ’n draai by die Bulle gemaak het, is tans net op ’n proefgrondslag by die Kings.

Die Kings se span wat die Cheetahs in die Madibaz-stadion gaan pak, kan intussen baie anders lyk as die een wat in sy vorige wedstryd met 0-38 teen Edinburgh verloor het.

Geoordeel aan Dinsdag se oefening, kan ’n paar Kings-koppe rol. Daar is ook ’n paar beserings wat lol en wat tot veranderinge kan lei.

Die Kings se kaptein, die slot JC Astle, sukkel met bronchitis en daar sal maar gesien moet word of hy reg sal wees vir die kragmeting met die Cheetahs.

Dries van Schalkwyk klop nou al weer ’n geruime tyd aan die deur om in die Kings se beginspan te wees.Foto: Gallo Images
Die voorryman Rossouw de Klerk kan dalk Vrydagaand weer vir die Kings in aksie wees wanneer die Oos-Kapenaars teen die Cheetahs speel.Foto: Gallo Images

Indien nie, kan Giant Mtyanda of Dries van Schalkwyk dalk Stephan Greeff se slotmaat wees.

Met Tienie Burger wat met ’n liesbesering sukkel, wil dit lyk asof Bakkies Brown terug kan wees op flank.

Dan sal daar ook kopgekrap word oor wie in die geskorste Pieter Scholtz se plek op vaskop gaan sak.

Scholtz is vir drie weke geskors omdat hy glo aan een van Edinburgh se spelers se oë geraak het.

Nic Oosthuizen en Rossouw de Klerk is die sterkste kandidate op vaskop.

Schalk Ferreira kan ook terug wees op loskop ná sy gesigbesering.

Dit lyk ook asof Ntabeni Dukisa bo Martin du Toit op losskakel gekies gaan word, en op vleuel kan Bjorn Basson terugkeer ten koste van Michael Makase.

Meer oor:  Deon Davids  |  Port Elizabeth  |  Duitsland  |  Rugby  |  Haker  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Southern Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.