Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duncan nog nie in saal by Cheetahs
Duncan Saal verlede jaar in aksie vir Maties in die Varsitybeker-reeks teen Tuks in Pretoria.Foto: Gallo Images

Daar was met groot afwagting uitgesien na die koms van die gewese Maties-vleuel Duncan Saal, na die Cheetahs, maar daar is tot op hede nog niks van die sneltrein gesien nie.

Hy het in November verlede jaar met ’n kontrak van twee jaar Bellville-Suid vir Bloemfontein verruil, maar wag steeds om speelkans te kry.

Hy het toe hy by sy nuwe span aangesluit het, pas herstel van ’n kniebesering wat sy aanvanklike koms na die Rosestad uitgestel het.

Hy het onder Hawies Fourie, die Cheetahs se huidige breier, ’n skrikbewind in die agterlyn vir Maties in die Varsitybeker-reeks gevoer en hulle gehelp om in 2018 ’n vyfde keer te wen.

“Ek is weer 100% gereed. My voete jeuk al om te speel,” het Saal vandeesweek gesê onderweg Kaapstad toe, nadat die Cheetahs se oefening weens Covid-19 tot 30 Maart opgeskort is.

Hy sê hy gaan geduldig wag tot wanneer hy speelkans kry.

Die 22-jarige Saal wil graag weer vir Fourie wys dat hy oorgehaal is en dat hy die peil wat hy as student openbaar het, in Bloemfontein wil wys. Hy sal as gevolg van die onbepaalde opskorting van die Pro14-reeks nou langer moet wag om sy Cheetah-buiging te maak.

Hy het die afgelope tyd saam met die vergrote Pro14-groep geoefen, wat ’n aanduiding was dat Fourie hom binnekort dalk sou betrek.

“Dit is ’n moeilike situasie waarin ons ons bevind, maar dit is belangrik om positief te bly en op God te vertrou.

Dis vir my moeilik, want die huidige situasie weerhou my daarvan om my terugkeer tot die spel, en belangriker nóg, my buiging vir die Cheetahs te maak.
Duncan Saal

“Dis vir my moeilik, want die huidige situasie weerhou my daarvan om my terugkeer tot die spel, en belangriker nóg, my buiging vir die Cheetahs te maak.

“Ek is egter ’n geduldige mens en sal intussen hard werk, want ek wil voorbereid wees wanneer die huidige situasie verander en ek moontlik my kans kry.”

Saal sê hy wil soos elke speler in die groep ’n positiewe bydrae tot die welvaart van die Cheetahs maak, ongeag wie die afrigter is, met verwysing na die geskiedenis tussen hom en Fourie.

Hawies Fourie

“Hawies is ’n goeie afrigter en mens wat dinge baie maklik maak vir spelers. Hy is ’n vaderfiguur en ek wou hom en my spanmaats nog altyd net trots maak.”

Hy sê hoewel hy nog vroeg in sy kontrak by die Vrystaat is, wil hy bitter graag op die veld kom, maar daar is vir hom gesê dat hy eers “wedstrydtyd” moet kry en homself bewys.

Dit kan egter net gebeur as hy speeltyd kry wat tot op hede nog nie die geval was nie.

Noudat rugby tot stilstand gekom het, gaan dit nog langer neem vir Saal om te wys hoekom hy so hoog aangeslaan word.

“Ek glo ek is gereed en ek weet sal goed vaar as ek ’n kans kry. Dit bly uiteraard die afrigter se besluit, ek hanteer dinge soos dit kom.”

Meer oor:  Hawies Fourie  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Vleuel  |  Maties  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.