Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Duur toetse, leë stadions = verliese
Die Bulle vier vroeër vanjaar met groot fanfare fees nadat hulle die Curriebeker op ’n leë Loftus Versfeld gewen het. Foto: Gallo Images

Terwyl SA Rugby nog op hete kole wag op ’n besluit van die regering of toeskouers by vanjaar se toerwedstryde van die Britse en Ierse Leeus toegelaat sal word, staal SA Rugby hom vir die hoë koste van Covid-19-toetse wat by die stadions gebruik moet word.

Rapport verneem die Rapid Antigen-toets – wat binne vyf minute kan bepaal of ’n persoon positief is vir Covid-19, sal aangeskaf moet word teen ’n koste van tussen R150 en R300 per toets.

Dit is een van die redes waarom baie van die voorste rugbyunies in die land tans nie te gretig is om toeskouers terug te verwelkom nie.

Rapport verneem verskeie rugbyunies het die inligting aan SA Rugby oorgedra. Dit kan beteken dat die plan om toeskouers stelselmatig weer toe te laat by provinsiale wedstryde, onwaarskynlik is. Toeskouers by die toetse en ander wedstryde van die Britse Leeus lyk in dié stadium na ’n groter moontlikheid.

“Ons het gehoop om toeskouers terug te verwelkom, maar die Covid-toetse is duur. Een opsie is om toeskouers te vra om die koste te dra, maar dit sal nie gewild wees nie,” het ’n amptenaar aan Rapport gesê.

Intussen lyk dit al hoe meer asof die verwagte derde vlaag van die pandemie enige kans op toeskouers se terugkeer sal kelder.

SA Rugby beplan tans om voort te gaan sonder toeskouers, maar hoop steeds dat die regering toeskouers later sal toelaat.

“Ons het ’n plan vir 25% toeskouers, 30% toeskouers of selfs 50% toeskouers in die stadions. Ons wag net op ’n besluit. As dit kom, sal ons spring. Enige getal toeskouers sal baie help om die toer winsgewend te maak,” het ’n ingeligte by SA Rugby aan Rapport gesê.

Die Leeu-toer gaan nou net in Gauteng en Kaapstad plaasvind om koste en die risiko van Covid-oordrag te verminder.

Meer oor:  Toeskouers  |  Sa Rugby  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.