Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dweba ‘kan groot impak’ vir Bokke maak

Joseph Dweba het baie sterkpunte waarmee hy ’n impak vir die Springbokke kan hê en hy sien uit om dié haker toetsrugby te sien speel en is baie trots oor sy insluiting in die nasionale groep.

So sê Corniel van Zyl, ’n voormalige voorspeler-afrigter van die Cheetahs, vir wie Dweba voorheen gespeel het.

Joseph Dweba van Bordeaux kry hier vir Cheslin Kolbe van Toulouse beet. Hulle sal eersdaags Springbok-spanmaats wees. Foto: Getty Images

Dweba (25) is Saterdag gekies in die vergrote SA groep, wat teen Georgië en die Britse en Ierse Leeus gaan speel.

Van Zyl en Dweba se paadjies het intussen geskei met die haker wat sy loopbaan by Bordeaux in Frankryk gaan voorsit het en die afrigter wat nou vir London Irish bystaan.

Sal Dweba sy man kan staan in ’n Bok-span?

“Ek glo so, absoluut, as jy sy sterkpunte, wat natuurlik daai lekker, sterk lopies en sy kragtige verdediging is, inspan.

“Ek dink as jy dit op die regte manier gebruik en hom in ’n regte stelsel kry, wat hy glo hy in sal wees, dan kan hy nogal in groot impak hê,” sê Van Zyl, wat op sy dag toetsrugby vir Italië gespeel en uiteindelik agt keer vir die Azzuri uitgedraf het.

Van Zyl sê Dweba se skrumwerk en vermoë om balle te steel by die afbreekpunte is benewens sy verdediging en baldra-vermoëns ook van sy pluspunte.

Hy sê Dweba is ’n groot spanman, hy moet net presies weet waar pas hy in en hy glo dit sal baie duidelik wees by die Bokke.

“Ek sien nogal uit dat die man speel en ek is so trots op ou Joseph en Jasper (Wiese), wat toe nou die volgende stap (na die Bokke) gevat het.

“Dis goed dat daardie Cheetahs-manne ’n bietjie deurkom ná die werk wat ons destyds ingesit het.”

Van die kritiek destyds teen Dweba was dat sy ingooiwerk by die lynstane nie altyd akkuraat was nie.

Van Zyl sê hoewel dit voorheen al ’n probleem was, dink hy nie dit is enigsins iets om oor bekommerd te wees nie.

“Hy het ongelooflik hard gewerk daaraan en ek dink hy het baie verbeter.

“Ek dink dis al op ’n vlak wat hy, jy weet, homself bewys het en nie meer bekommerd hoef te wees nie.”

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Joseph Dweba  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.