Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dweba ’n ligpunt in saai stryd

Kom ons wees eerlik: ’n Wentelling van 61-25 kan maklik vertolk word as ’n skouspel. Gisteraand se Pro14-wedstryd tussen die Cheetahs en die Kings in Bloemfontein was egter ondanks dié groot wentelling allesbehalwe ’n skouspel.

Daar was nooit enige twyfel aan wie die wenspan sou wees nie. Daarvoor is die Cheetahs net soveel beter as die Oos-Kaapse span.

Malcolm Jaer duik oor vir een van sy span se drieë in hul Pro14-wedstryd teen die Kings in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Dit het maar gegaan oor hoe groot die telling sou wees.

Die Cheetahs het nie teleurgestel nie en het 61 opgestapel nadat hulle rustyd reeds gemaklik met 28-13 voorgeloop het.

Sou die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, na die wedstryd gekyk het, sou hy met die uithaler-spel van die Cheetah-haker Joseph Dweba beïndruk gewees het.

Hy was kordaat en ’n bol energie en het die Kings behoorlik laat walgooi met sy kraglopies. Daar gaan in die toekoms nog baie van Dweba gehoor word.

Die blits Rabz Maxwane kon in die laaste Pro14-wedstryd van die seisoen toe nie die rekord vir drieë in ’n seisoen agter sy naam skryf nie, maar desondanks het hy gewys dat hy oor groot potensiaal beskik.

As hy net nog meer kanse gekry het met goeie balverspreiding na sy kant en minder selfsugtigheid van sy spanmaats, was die rekord al vanjaar syne.

Vir die Kings het die buitesenter Harlon Klaasen twee keer gaan druk. Die voormalige Springbok-vleuel Bjorn Basson het self ook gaan druk, maar dit is waar alles vir die sukkelende Kings geëindig het.

Nege drieë teen hulle is dalk ’n vernederende stukkie statistiek. Maar dalk het die Kings tog nie so swak gevaar nie.

Daardie nege kon veel meer gewees het.

  • Punte:

Cheetahs 61 (28): Drieë: Abongile Nonkontwana, Walt Steenkamp, Joseph Dweba, Shaun Venter (2), Louis Fouché, Benhard Janse van Rensburg, Malcolm Jaer, Boan Venter. Doelskoppe: Tian Schoeman (8).

Southern Kings 25 (13): Drieë: Harlon Klaasen (2), Bjorn Basson, Doelskoppe: Masixole Banda (2), Strafdoele: Banda (2). 

Meer oor:  Cheetahs  |  Kings  |  Pro14-Wedstryd  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.