Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dweba nie bewus van Pro14-eerbewys

Joseph Dweba, voormalige haker van die Cheetahs, was Woensdag glad nie bewus daarvan dat hy die Pro14-uitsoekspan gehaal het toe hy om kommentaar genader is nie.

Dweba (24), wat deesdae sy rugby vir die klubspan Bordeaux in Franse Top14-liga speel, is steeds die lewenslustige speler wat hy was toe hy by die Cheetahs weg is.

Ander Pro14-spanne het dié seisoen gewoond daaraan geraak om te sien hoe die Cheetah-haker Joseph Dweba oor die doellyn seil. Foto: Gallo Images

“Ek het nie eens daarvan geweet nie, ek hoor by jou,” laat weet hy uit Frankryk oor die groot eer wat hom te beurt geval het.

Hy is die enigste speler van die Cheetahs en Southern Kings wat die uitsoekspan gehaal het.

Met sy insluiting het hy die Cheetahs se goeie vertoningslys voortgesit wanneer dit kom by erkenning vir goeie spel sedert hul toetrede tot die Pro14-reeks.

Al wat ek gedoen het, was om rugby te speel en dit saam met my spanmaats te geniet, so ek voel baie geëerd om op hierdie manier erkenning te kry.

Nog ’n haker, Torsten van Jaarsveld (2017/’18-seisoen) en Rabs Maxwane (vleuel, verlede seisoen) is voorheen vir hul uithalerspel beloon. Maxwane het verlede seisoen 14 drieë ingeryg.

“Ek het nooit eens verwag om in die uitsoekspan te wees nie. Al wat ek gedoen het, was om rugby te speel en dit saam met my spanmaats te geniet, so ek voel baie geëerd om op hierdie manier erkenning te kry,” sê Dweba.

Dweba sê ook dis ’n voorreg om deur die media, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook die van die ander deelnemende Pro14-lande (Wallis, Ierland, Skotland en Italië) erkenning vir sy spel te kry.

“Dit laat my nederig voel, maar dit bly ’n groot prestasie, nie net vir my nie, maar die spelers en die afrigtingspan van die Cheetahs dat ek in so ’n span ingesluit is. Dis dalk ’n teken dat ek tog die regte ding (rugby speel) doen,” skerts Dweba.

Hy sê dis beslis ’n hupstoot vir sy jong loopbaan en dit spoor hom aan om net te wil verbeter.

Hy sê ook hy hoop om dieselfde geleenthede by Bordeaux te kry as wat die geval by die Cheetahs was, want dan sal hy in Frankryk ook kan wys waartoe hy in staat is.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Joseph Dweba  |  Bordeaux  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.