Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Carletonville-klonge kán Bokke word'

Anders as sommige kritici het hy nog altyd geglo Suid-Afrika se Pro14-rugbyspelers word wel vir hoër louere oorweeg en hy is bly daar is nou in sy rigting gekyk.

Só sê die Cheetahs se haker Joseph Dweba (24), wat na volgende maand se Springbok-belyningskamp genooi is en ’n tree nader aan sy droom is om eendag vir die nasionale span te speel.

Die Cheetah-haker Joseph Dweba is bly dat die Springbok-keurders hom raaksien. Foto: Gallo Images

Een van die Bokke se staatmaker-hakers, Bongi Mbonambi, het boonop ’n operasie vir ’n dyspierbesering ondergaan en kan dalk die toetse in Julie teen Skotland en Georgië misloop.

Daar was vroeër kommer dat spelers in die Pro14-reeks dalk oor die hoof gesien sal word as gevolg van hoe die kompetisie gestruktureer is, maar dit blyk einde laaste nie die geval te wees nie.

“Dit is verblydend dat na spelers in die Pro14-reeks gekyk word. Ek is opgewonde dat hulle my genooi het om die kamp by te woon,” sê Dweba.

Hy het bly glo dat die ringkoppe van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) na hulle en die spelers van die Kings sou kyk, want dít was deel van die gesprekke toe hulle vroeër met Rassie Erasmus (Saru se direkteur van rugby) en Jacques Nienaber (die nuwe Springbok-hoofafrigter) vergader het.

“Ek het nog altyd geglo dat hulle na ons kyk en ons as spelers moet elke week net ons beste lewer. Ek glo ook wanneer dit die regte tyd is, sal dinge vir jou gebeur.

“Ek glo dat as jy hard werk, sal jy beloon word. Al wat ek nog die heel tyd doen, is om hard te werk vir myself en my gesin.

“Dis daarom vir my ’n groot eer dat ek na die kamp genooi is en ek sal daar net so hard werk.

“Ek het van die eerste dag wat ek begin rugby speel het vir myself gesê dat ek eendag vir die Springbokke wil speel. Waar ek vandaan kom (Carletonville), is dit gewoonlik nie waaroor kinders droom nie, maar ek glo dit kan gebeur,” sê Dweba.

Hy het ook raad vir spelers wat groot droom. Hy het immers van ’n toerlid op sy eerste Pro14-toer na Europa tot die Cheetahs se eerste keuse op haker gevorder.

Hoewel Dweba in die wolke is oor die jongste verwikkeling, is sy fokus vir eers op hul laaste toerwedstryd teen die Dragons Saterdag in Newport.

Die Cheetahs het hul eerste twee wedstryde van die toer teen Leinster en Ulster verloor en hoop om dit nou met ’n sege af te sluit.

* Die verhoor van die Cheetahs se agtsteman Jasper Wiese is Woensdag of Donderdag oor beweerde ongeoorloofde spel teen Ulster.

Meer oor:  Bokke  |  Pro14  |  Toetsrugby  |  Cheetahs  |  Springbokke  |  Joseph Dweba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.