Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dyantyi se verhoor ná 3 dae verdaag
Aphiwe Dyantyi se opkikkerverhoor is ná drie dae verdaag. Foto: Gallo Images

Die Springbok-vleuel Aphiwe Dyantyi se opkikkerverhoor is Donderdag ná drie dae verdaag.

Die onafhanklike tribunaal wat hom verhoor, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) en Dyantyi se regspan moet nou op ’n datum besluit vir die hervatting van die verhoor.

Dyantyi (26) het Saids op 13 Augustus 2019 in kennis gestel dat hy positief getoets is vir drie verbode middels. Hy is in Julie 2019 positief getoets vir die gebruik van die anaboliese steroïede metandiënoon, metieltestosteroon en LGD-4033. Sy verhoor sou reeds in Mei plaasgevind het, maar die Covid-19-pandemie het sake vertraag.

Die vleuel, wat in 2018 as Wêreldrugby se Deurbraak-speler van die Jaar aangewys is, staan die bevindinge teen. Hy het onlangs in ’n onderhoud met Sport24 onthul hoe ’n groot emosionele tol die positiewe toets verlede jaar op hom geëis het. Hy het sy sosialemedia-rekeninge toe uitgewis en vir twee maande net by die huis gebly.

Ek het my onttrek, want ek het gevoel as daar ’n kans is dat ek sal oorleef, moet ek op my eie wees.
Aphiwe Dyantyi

“Ek het my onttrek, want ek het gevoel as daar ’n kans is dat ek sal oorleef, moet ek op my eie wees,” het hy aan Sport24 gesê.

“Toe ek wel uit die huis uit gegaan het, het ek ’n angsaanval gekry en in die hospitaal beland.”

Chiliboy Ralepelle

As hy skuldig bevind word, kan ’n skorsing van vier jaar sy voorland wees.

Saids wou nie meer besonderhede oor die verhoor bekend maak nie.

Nóg ’n oud-Springbok, die haker Chiliboy Ralepelle, is in Julie vir agt jaar uit rugby geskors nadat hy skuldig bevind is aan die gebruik van die verbode middel zeranol.

Dit was sy derde positiewe toets en tweede keer wat hy skuldig bevind is.

Sy regspan het teen die bevinding én die straf geappelleer en dié saak kom 13 Oktober voor.

Meer oor:  Aphiwe Dyantyi  |  Chiliboy Ralepelle  |  Suid-Afrika  |  Verhoor  |  Saids  |  Springbok  |  Opkikkers  |  Rugby  |  Vleuel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.