Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dyspier hou Keke uit Welkom-derby
Keke Morabe, kaptein van Welkom-Gimnasium, saam met sy eweknie van Goudveld, die skrumskakel JC Allan. Foto: Madli Grobbelaar

Die beseringspook het die afgelope week in Welkom besoek afgelê aan die vooraand van die groot Goudveldse derby.

Keke Morabe, kaptein en agtsteman van Welkom-Gimnasium se rugbyspan, het las van ’n ligte dyspierbesering en bevind hom op die plaasvervangersbank teen Goudveld.

Die wedstryd begin om 13:00 by Goudveld.

Morabe het die besering verlede week in Bloemfontein opgedoen toe hy vir die Griffons in die o.18-Cravenweek-toernooi gespeel het.

Hy word as ’n sterk aanspraakmaker beskou om weer vanjaar die Suid-Afrikaanse Skolespan te haal.

Selfs sonder hom gaan Gimmies moeilik geklop word, die span is immers die verdedigende ligakampioen, en vanjaar steeds onoorwonne in die liga. Hulle het reeds 42 drieë in vier wedstryde gedruk en slegs agt afgestaan.

Goudveld daarenteen het vanjaar reeds teen Witteberg (19-26) en Voortrekker (38-39) verloor. Boonop tel die geskiedenis ook teen die Gouties.

Hulle het boonop in 2014 laas daarin geslaag om Gimmies te klop.

Goudveld het verlede jaar twee keer teen Gimnasium vasgeval – die laaste keer in die eindstryd van die liga.

Goudveld het straks ’n buitekans. Sy slot, die vurige Rian Olivier, was een van die Perses se uitblinkers by die Cravenweek-toernooi.

* Die hoogaangeskrewe Sentraal kom voor sy hoogste hekkie van die seisoen te staan, wanneer hy Voortrekker in Bloemfontein pak.

Die twee spanne is om 14:40 slaags in die halfeindronde van die Sentrale Skolereeks by Shimlapark. Die Tralies het vanjaar indrukwekkend vertoon teen die Bloemfonteinse skole, wat ’n oorwinning oor die ligakampioen, HTS Louis Botha (33-17), insluit.

Die Trekkers sal egter ’n ander uitdaging aan Sentraal stel.

Steyl Barnard, slot van die Trekkers, het intussen ’n kontrak van drie jaar met Béziers Hérault in Frankryk gesluit en is van 2020 af op dié klub se boeke.

Goudveld en Noord-Kaap pak mekaar Woensdag in die ander halfeindstryd in Kimberley.

* Grey-kollege se Janco Cloete kry Saterdag om 13:45 teen Waterkloof in Pretoria sy eerste kans in sy skool se beginspan.

Cloete, wat die Suid-Afrikaanse o.18-skolesewesspan vroeër vanjaar in Windhoek verteenwoordig het, neem die plek van die kaptein en agtsteman, George Cronjé.

Cronjé het las van ’n skouerbesering. Cronjé en die senter Lesley Botha (kniebesering) is op die Cravenweek beseer en bevind hul albei op die plaasvervangersbank. Die senter Ian Small-Smith, wat die Vrystaat ná Cronjé se besering aangevoer het, neem die kapteinskap oor.

* Ander bepalings: Sentrale Skolereeks (by Shimlapark): 12:00: Witteberg t. Jim Fouché, 13:20: Diamantveld t. Fichardtpark. Vriendskaplik (tuisspan eerste): 12:10: Landboudal t. Rooiskool.

Meer oor:  Skolerugby  |  Besering  |  Gimmies  |  Griffons  |  Derby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.