Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eben: ‘Dis familietyd wat jy nie baie kry’

Die Springbok-slot Eben Etzebeth was amper in Frankryk gestrand, maar danksy die goedhartigheid van sy Franse klub, Toulon, kan hy die staat van inperking saam met sy ouers deurbring.

Eben Etzebeth maai Ben Donnell van London Irish af. Foto: Getty

Etzebeth het aan Rapport gesê hy het gedink hy sou dit nie kon terugmaak na Suid-Afrika nie, veral nadat Toulon eers wou hê spelers moet naby bly omdat die Franse liga skynbaar nie te lank uitgestel sou word nie. Dít terwyl hy net by sy ouers, Harry en Karen, wou uitkom toe die koronavirus-situasie ernstig begin raak het.

“Dis vir my belangrik om by my familie te wees. Ek sien om na my familie, my ouers en my broer. My pa se gesondheid is ook nie die beste nie – hy is so drie jaar gelede met kanker gediagnoseer en het oorleef, maar as die wêreld so ’n malhuis word met so ’n siekte, weet jy nie wat gaan gebeur nie,” sê Etzebeth.

“Ek kan net dankbaar wees Toulon het my toegelaat om huis toe te kom. As ek terug is, kan ek hopelik vir hulle op die veld dankie sê.”

Etzebeth het die Dinsdag voor die inperking in Suid-Afrika geland. Sy broer, Ryan, en dié se vrou, Letitia, asook Etzebeth se meisie, Ashley Rothman, bly almal ook gedurende dié tyd by sy huis in Kaapstad.

“Ek het gedink ek sou in Frankryk gestrand wees, so dit is kosbaar om by my ouers te wees. Ek het ’n klein huis agter by my waar hulle bly. Dit is familietyd wat ’n mens nooit weer sal kry nie.”

Etzebeth lag oor ’n berig dat hy glo kwaad was vir Toulon omdat hulle hom nie wou laat huis toe gaan nie, en sê dis bog.

“So ’n week voor Suid-Afrika se inperking het die klub ’n vergadering met die senior spelers gehad. Ek het gevra of dit moontlik was vir my om huis toe te gaan. Hulle het nee gesê omdat hulle gedink het die inperking gaan nie lank wees nie.

“Intussen het SA Rugby ook versoek dat ons kan terugkeer, en dinge het ’n bietjie ernstiger begin lyk.

“Toe ons hoor Suid-Afrika gaan ’n staat van inperking betree, het hulle ingestem.”

Meer oor:  Frankryk  |  Koronavirus  |  Toulon  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Springbokke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.