Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eben en Duane sal vir Bokke voor draf

Die Springbokslot Eben Etzebeth sal – as hy fiks is – die Springbokke in hul eerste Rugbykampioenskaptoets lei, terwyl Duane Vermeulen geoormerk is om die Bokspan teen die All Blacks in Wellington te lei.

Eben Etzebeth / Foto: Gallo Images
Duane Vermeulen. Foto: Getty Images

Rassie Erasmus het die afgelope week te kenne gegee dat die baie beserings hom gedwing het om sy planne te verander, maar hy beoog om twee spanne van soortgelyke sterkte in die toetse aan te wend met die doel om die spelers wedstrydskerp te kry én nuwe kombinasies uit te toets.

Met die Bok-kapteins, Siya Kolisi en Warren Whiteley, wat beseer is, sal Erasmus sy twee vurigste voorspelers inspan om die Bokke in die eerste twee toetse te lei.

Kolisi en Etzebeth sal môre weet hoe ernstig hul beserings is en vir hoe lank hulle uit is. Erasmus het aan Rapport bevestig ’n besluit sal môre geneem word of hulle teen die Wallabies sal kan speel.

Kolisi is nog deel van die Bokkamp en Erasmus sê dat hy in die toetse voor die Wêreldbeker waarskynlik nog by die Bokke sal bly. “Ek dink die 80%-roete wat ons met hom gaan volg, sal die beste wees. Hy sal die heeltyd by ons oefen totdat ons op die vliegtuig klim Nieu-Seeland toe.

“Hy sal nie saamgaan nie, maar ons sal hom moontlik in ’n paar Curriebeker-wedstryde laat speel en hopelik dan in die laaste toets teen Argentinië sodat ons 100% seker kan wees hy is reg vir die Wêreldbeker.”

Erasmus gaan wel nog na spelers kyk wat tans in die Curriebeker speel, maar die deur is so te sê toe vir enigiemand wat nie verlede jaar by die Bokke betrokke was nie.

“Ek dink nie iemand nuut in die Curriebeker-reeks gaan hom nou in die Springbokspan inspeel nie. Ek dink een van die ouens wat beseer was, of naby was, na wie ons die heeltyd gekyk het en wat al naby die span was, sal fyn dopgehou word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.