Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie filosofies oor prys van Covid-19

Engeland se afrigter, Eddie Jones, sê dit was ’n maklike besluit om te midde van die Covid-19-pandemie tot ’n salarisvermindering in te stem, want die prioriteit is om Engelse rugby se toekoms te verseker.

Eddie Jones, afrigter van Engeland se rugbyspan. Foto: Getty Images

Jones se vergoeding is met meer as 25% gesny om die finansiële druk op die Engelse Rugbyunie te verlig. Die RFU verwag om tot £50 miljoen oor die volgende 18 maande te verloor.

Dié uitgesproke Aussie, wat Donderdag sy kontrak tot ná afloop die Wêreldbekertoernooi in 2023 verleng het, sê die RFU se uitvoerende komitee het die toon aangegee deur dadelik tot die voorstel van salarisverminderings in te stem.

“Ek was regtig in my noppies met hoe beslissend hulle was en dit was maklik om daarna ’n besluit te neem,” sê Jones.

“Dit is ’n klein dingetjie wat jy as individu doen om te verseker dat ons deur die volgende ruk kan kom en deel daarvan is om ’n salarisvermindering te aanvaar.”

Die RFU het bevestig dat buiten die Premierliga, die plaaslike 2019-20-seisoen nie voltooi sal word nie.

Hoewel die RFU groot finansiële verliese gaan ly, sê die beheerliggaam hy sal ’n reddingsboei van £7 miljoen aan gemeenskaprugbyklubs voorsien.

Jones sê beroeps- en amateurklubs gaan weens die pandemie finansieel swaarkry.

“So ons moet verseker watter vorm rugby ook al inneem post-koronavirus dat dit gesonder en sterker is as voorheen.”

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Rfu  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.