Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie in sy noppies met Bloem-geriewe

’n Afvaardiging van die Engelse Rugbyunie (RFU) beskryf die geriewe in Bloemfontein as “van die hoogste gehalte”.

Sien jou in Junie, sê Engeland se rugbyafrigter, Eddie Jones (middel), aan Franco Smith, agterlynbreier van die Bokke en die Cheetahs se direkteur van rugby (regs). By hulle is die Cheetahs se voorspelerafrigter, Corniel van Zyl. Foto: Cheetahs Rugby, Facebook

So sê Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs, oor die besoek van Engeland se rugbyafrigter, Eddie Jones, en die afvaardiging wat die stad Woensdag besoek het.

“Hulle is baie beïndruk met die stadion en die geriewe. Hulle hou ook daarvan dat die hotel na aan die stadion is sowel as van die oefengeriewe by skole soos Grey-kollege wat ons hulle kan bied,” sê Verster.

Engeland besoek Suid-Afrika in Junie vir drie toetse. Die eerste toets is in Johannesburg, gevolg deur Bloemfontein en die laaste een in Kaapstad.

“Ons is dankbaar ons het die tweede toets gekry, want gestel ons wen die eerste toets, is die tweede een bepalend. So die tweede toets in enige reeks is altyd belangrik.

“Die toets val op Jeugdag, so ons sal ’n groot jeugprogram hê om jong mense te betrek,” sê Verster.

Sowat 34 000 toeskouers het die toets tussen Suid-Afrika en Australië verlede jaar in die Rosestad bygewoon. Die wedstryd het met 27 elk gelykop geëindig. (Die Toyota-stadion het plek vir tot 46 000 mense.)

Dié toets was twee weke ná die Bokke se loesing met 0-57 teen Nieu-Seeland in Albany.

“Ná daardie nederlaag (teen die All Blacks) was dit bietjie taai met die wedstryd hier. Die Springbokke se vertoning het veroorsaak dat mense bietjie negatief geraak het en nie meer wedstryde bywoon nie.

“Dit is ’n uitdaging om die stadion vol te maak. Ons sal met die Engeland-toets baie van die jeug met geborgde kaartjies inbring.

“Die ekonomie is taai en mense het net eenvoudig nie geld nie. Ons kyk egter na ’n nuwe bedeling waar ons baie duur kaartjies gaan hê, maar dit dan gaan afwentel na regtig bekostigbare kaartjies vir Jan Alleman,” sê Verster.

Meer oor:  Springbokke  |  Eddie Jones  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.