Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie Jones betrek oud-Kapenaar

David Ribbans, wat ’n paar jaar gelede die Westelike Provinsie op die rugbyveld verteenwoordig het, is by Engeland se groep gevoeg vir die res van die Sesnasies-reeks.

David Ribbans tydens ’n wedstryd vir sy Engelse klubspan, Northampton Saints. Foto: Getty Images

Die onttrekking van die gesoute slot Courtney Lawes het die deur geopen vir Ribbans (25), wat in Somerset-Wes in die Wes-Kaap gebore is, om sy toetsbuiging vir die Rose te maak.

Dit is nie die eerste keer dat Eddie Jones, afrigter van Engeland, Ribbans betrek nie. Ribbans, wat 2,02 m in sy sokkies staan, was ook laat in 2020 deel van ’n oefenkamp.

Lawes sal die res van die Sesnasies-reeks misloop nadat hy verlede week tydens ’n oefening ’n borsspierbesering opgedoen het.

Ribbans het in 2017 sy heil by die Engelse klubspan die Northampton Saints gaan soek.

David Ribbans in 2015 toe hy sy rugby nog in die Kaap gespeel het. Foto: Gallo Images

Voordat hy die Kaap gegroet het, het hy sy stempel afgedruk deur in 2016 vereer te word as Voorspeler van die Jaar vir die WP se o.21-span.

Nie dat sukses op die rugbyveld in Ribbans se skoot geval het nie. Hy het aan Somerset College, wat allermins met rugby vereenselwig word, gematrikuleer en ná skool op eie houtjie by die WP se rugbyinstituut gaan aanklop en stelselmatig sy pad oopgeveg.

Jones se Engelse het vandeesweek ’n paar rusdae, maar sal Sondag weer na die oefenveld terugkeer.

Die Rose se laaste twee wedstryde in die reeks is teen Frankryk en Ierland.

Jones-hulle se kans om hul Sesnasies-titel suksesvol te verdedig, is die afgelope naweek verydel toe Wallis hulle in Cardiff met 40-24 geklop het. Dié wedstryd is oorheers deur ’n paar skeidsregterblapse, wat Engeland uiteindelik duur te staan gekom het. – Sportredaksie

Meer oor:  Eddie Jones  |  Engeland  |  Sesnasies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.