Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie Jones los Stormers straks vir Engelse pos
Eddie Jones is glo op pad na Engeland. Foto: Gallo Images
Eddie Jones is glo op die punt om as Engeland se nasionale rugbyafrigter aangewys te word.

Dit ongeag daarvan dat die Australiër skaars ’n week in die pos as die Stormers-afrigter is.

Jones (55) het verlede week nog gesê hy is verbind tot die Stormers en het geen kontak met die Engelse Rugbyunie (RFU) oor die vakante afrigterspos gehad nie.

Gerugte dat hy wel die pos gaan kry, wou egter nie gaan lê nie en daar word bespiegel dat hy glo in ’n gevorderde stadium is met onderhandelings met die RFU. Dit kan so gou as volgende week in Engeland onthul word, berig The Telegraph.

Die voormalige Japan- en Australiese breier het egter ’n kontrak van drie jaar met die Stormers gesluit en dit beteken die RFU sal hom uit sy kontrak met die Kaapse streekspan moet koop. Luidens berigte beloop díe bedrag ’n minimum van £700 000 (sowat R15,12 miljoen).

Indien Jones wel sy tasse pak, sal dit die Stormers in ’n posisie plaas om sy spelerkorps aansienlik te versterk met sy geldkoffers wat weer gevul sal word. Dit is veral op losskakel waar versterking kort.

Kurt Coleman se kop staan glo Southern Kings toe, terwyl die ervare Demetri Catrakilis reeds sy tasse vir oorsee gepak het. Met Pieter-Steph du Toit se skuif van die Haaie na Kaapstad, het die vyfslot Ruan Botha besluit om in die teenoorgestelde rigting te verkas. Dus is daar nie soveel ervaring op vyfslot nie.

’n Nuwe afrigter sal heel waarskynlik eerste op die WP Rugbyunie se kooplys wees indien Jones die pad vat. Met die voorseisoen-oefening wat nog in sy babaskoene is, behoort daar nog genoeg tyd te wees om ’n hoofafrigter aan te stel voordat die 2016-Superrugbyseisoen afskop.

Jones se groot plan was om hardlooprugby weer te laat herleef in die Kaap, iets wat Stormers-ondersteuners breed laat glimlag het.

Ondanks die gerugte het die Westelike Provinsie Rugbyunie vroeër gesê daar het nog niks verander sedert Jones die Kaapse media verlede week te woord gestaan het nie. Jones het toe gesê dat hy geen kontak met die RFU gehad het nie en hy nie van plan is om die Stormers te verlaat nie.








Meer oor:  Stormers  |  Eddie Jones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.