Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie Jones nie ‘emosionele tipe’

Eddie Jones sê sy ervaring as ’n afrigter beteken hy het geweier dat die buitengewone kansellasie van Engeland se kragmeting teen die Barbarians hom ontstel.

Eddie Jones sê hy laat nie toe dat emosie hom van stryk bring nie. Foto: Getty Images

Die Rose sal eerskomende naweek die Sesnasies-titel verower as hulle Italië met ’n bonuspunt klop en die uitslag van die wedstryd tussen Frankryk en Ierland ook in hul guns eindig.

Saterdag se toets in Rome is weens die Covid-19-pandemie met verskeie maande vertraag en die Engelse het gehoop om voor te berei met ’n kragmeting teen die Baabaas op Twickenham verlede naweek.

Maar dié wedstryd is op dramatiese wyse afgelas nadat verskeie Baabaas-spelers, insluitende die voormalige Engelse kaptein, Chris Robshaw, Covid-19-protokol oortree het deur hul spanhotel in Londen sonder toestemming te verlaat.

Rugby365 berig Engeland se Aussie-afrigter het egter die terugslag van die kansellasie vergelyk met die Wêreldbekertoernooi in Japan verlede jaar toe die Rose se groepwedstryd teen Frankryk weens tifoon Hagibis afgelas is.

“Ek het al baie gesien, so ek het dit eenvoudig aanvaar en vinnig na my kamer gegaan om aan ’n plan B te werk,” sê Jones.

“Ek het nie betrokke geraak by die emosie van wat gebeur het nie. Ek het ons logistieke bestuurder en ons kaptein, Owen (Farrell), by die beplanning betrek en plan B was in plek sowat ’n uur ná die kansellasie van die Baabaas-wedstryd.

“Ons is nogal goed met hierdie dinge, ons het dieselfde situasie gehad met die tifoon in Japan, so ons het aanbeweeg – hierdie keer was dit net ’n bietjie anders as ’n tifoon.”

Jones is gevra of hy kan glo dat Robshaw betrokke sou wees by ’n voorval wat die Engelse Rugbyunie tot £1 miljoen uit die sak kan jaag.

“Kyk, ek het nog nie baie daaroor gedink nie, want dit was nie iets waaroor ek enige beheer gehad het nie en ek kan jou verseker ek het reeds genoeg om myself oor te bekommer.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Barbarians  |  Eddie Jones  |  Covid-19  |  Chris Robshaw  |  Baabaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.