Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie Jones oorleef RFU se oorsig

Die Engelse Rugbyunie (RFU) het hom agter sy hoofafrigter, Eddie Jones, geskaar ná die Rose se treurige veldtog in die afgelope Sesnasiesreeks, maar ’n klompie aanbevelings gemaak om die span se vertonings te verbeter.

Eddie Jones se pos as Engeland se hoofafrigter is veilig. Foto: Getty Images

Die verdedigende kampioen het vyfde geëindig en nederlae teen Skotland, Wallis en Ierland gely. Engeland het goed vertoon in sy oorwinning teen die Franse en die Italianers gemaklik uitgestof.

Die RFU het ’n geheime paneel saamgeroep om ’n oorsig van Engeland se veldtog in die reeks te doen en het “spelers, afrigters en personeel geraadpleeg, asook breedvoerige voorleggings deur Eddie Jones in ag geneem”.

Die RFU sê in ’n verklaring hy bevestig sy ondersteuning vir Jones, terwyl hy die faktore wat tot Engeland se swak vertonings bygedra het, geïdentifiseer het.

Dit sluit in die afwesigheid van die hulpafrigters Jason Ryles en Neil Craig weens redes wat verband hou met Covid-19, moeë spelers en ’n beperkte spelergroep.

Die hoeveelheid strafskoppe wat Engeland afstaan, veral swak dissipline by die afbreekpunte, is ook uitgelig. Volgens die oorsig moet verskeie verbeteringe aangebring word, “insluitende krag in die onderlyf en aanpassings aan vaardighede”.

Die RFU wil ook kundiges in sportsielkunde en leierskap inspan om spelers en afrigters by te staan, skeidsregters betrek om tegniek en bewustheid van die reëls te verbeter en kenners buite rugby raadpleeg om addisionele ondersteuning aan die hoofafrigter te bied.

Jones is tot ná afloop van die Wêreldbekertoernooi in 2023 gekontrakteer.

Engeland speel in Julie in toetse teen die VSA en Kanada, hoewel dit sonder die dienste van sy Britse en Ierse Leeus-spelers sal wees. Die RFU beplan om hierdie kragmetings in Engeland aan te bied. – Reuters

Meer oor:  Rfu  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.