Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie kies onbesonge agtsteman
Mark Wilson sal Saterdag teen die Bokke op agtsteman begin. Foto: Getty Images

Eddie Jones, afrigter van Engeland se rugbyspan, het Donderdag verras deur vir Mark Wilson op agtsteman te kies vir Saterdag se toets teen die Springbokke op Twickenham.

Die lostrio van Wilson, Tom Curry en Brad Shields het gesamentlik nog net in tien toetse gespeel.

Met die voorkeur-agtsteman, Billy Vunipola, beseer en Nathan Hughes wat geskors is, is daar verwag dat Jones vir Zach Mercer sy toetsdebuut sou laat maak, maar die breier het verkies om die ietwat meer ervare Wilson (vier toetse) in te span.

Owen Farrell tydens ’n oefening saam met sy Engelse spanmaats. Foto: Getty Images

Soos verwag, sal Owen Farrell op losskakel begin met George Ford op die plaasvervangersbank.

Farrell het die Engelse aangevoer tydens hul toer in Suid-Afrika in Junie. Hy het toe binnesenter gespeel.

Ben Te’o sal egter Saterdag die nr. 12-trui dra, met Henry

Slade aan sy buitekant.

Farrell sal Saterdag die kapteinskap met die terugkerende haker Dylan Hartley deel. Hartley sal tussen die stutte Alec Hapburn en Kyle Sinckler sak.

Hy vervang vir Jamie George, wat die voorkeur-haker in die reeks teen die Bokke was. George sit op die plaasvervangersbank.

Elliot Daly sal weer, soos in die reeks teen die Bokke, die nr. 15-trui dra. Die gevaarlike Jonny May sal saam met Jack Nowell op vleuel diens doen.

Manu Tuilagi, wat in 2016 laas vir Engeland gespeel het en intussen deur beserings lamgelê is, is op die plaasvervangersbank gekies.

Die stut Ben Moon sal sy toetsbuiging maak as hy later in die toets van die bank af opgestuur word.  – Reuters, Sportredaksie

Engeland se span:
Elliot Daly, Jack Nowell, Henry Slade, Ben Te’o, Jonny May, Owen Farrell (mede-kaptein), Ben Youngs, Mark Wilson, Tom Curry, Brad Shields, George Kruis, Maro Itoje, Kyle Sinckler, Dylan Hartley (mede-kaptein), Alec Hepburn. PLAASVERVANGERS: Jamie George, Ben Moon, Harry Williams, Charlie Ewels, Zach Mercer, Danny Care, George Ford, Manu Tuilagi.

Meer oor:  Twickenham  |  Engeland  |  Toets  |  Rugby  |  Bokke  |  Rose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.