Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie nie weens skopvoet uit beginspan

Eddie Fouché is nie sy plek in die Pumas se beginspan kwyt weens sy swakkerige vertoning met die skopvoet in die Laevelders se laaste wedstryd nie.

Dié versekering kom van MJ Mentz, hulpafrigter van die Pumas, met die nuus dat Fouché nie Dinsdag teen die Bulle in Mbombela sal speel nie.

Eddie Fouché het ’n rapsie meer as ’n week gelede ’n afdag met die voet teen die Leeus in Johannesburg beleef. Foto: Gallo Images

Die twee spanne pak mekaar in die voorbereidingsreeks.

“Ons gebruik die reeks om ons diepte te bou. Dit is hoekom ons vir spelers wat dalk nie verlede seisoen so baie kans gekry het nie, nou ’n geleentheid gee.

“Dit bied ook aan daardie spelers die geleentheid om hul hande op te steek vir ’n plek in die span en ons kan boonop sien of ons stelsel werk,” sê Mentz.

Fouché, ’n losskakel, het ’n rapsie meer as ’n week gelede ’n effense afdag met die voet teen die Leeus in Johannesburg beleef. Hy het met drie strafdoel-pogings en ’n doelskop misluk.

MJ Mentz, hulpafrigter van die Pumas. Foto: Gallo Images

Die Johannesburgers het met 32-28 gewen.

“Daar is beslis niks met Eddie se tegniek fout nie. In die opwarming voor daardie wedstryd was sy skoppe in die kol en ook verlede seisoen voordat hy beseer is, het hy baie goed geskop,” sê Mentz.

Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, het behoorlik die oë laat rek met die aankondiging van sy span vir Dinsdag se wedstryd teen die Bulle.

Die laaste keer wat die twee spanne slaags was, in Januarie, was die Laevelders met 44-14 baas. Benewens Fouché, word staatmakers soos Ginter Smuts (skrumskakel), Wayne van der Bank (senter), Willie Engelbrecht en Daniel Maartens (albei losvoorspelers) ook ruskans gegun.

Hoewel die Pretorianers daardie dag nie met hul beste span in die Laeveld opgedaag het nie, sal jy dink Stonehouse-hulle sal hul grofgeskut uitpluk om die Bulle weer te laat gras vreet.

Met Fouché wat op die plaasvervangersbank, kry Niel Marais ’n geleentheid om ’n kleim af te steek op die Laevelders se nr. 10-trui. Sy skakelmaat is Dian Badenhorst, seun van die voormalige Springbok-vleuel Chris Badenhorst.

Voorlangs span Stonehouse ’n splinternuwe lostrio in. Francois Kleinhans, Phumzile Maqondwana en Kwanda Dimaza kry speelkans met Engelbrecht, Maartens en Ewart Potgieter wat ’n blaaskans gegun word.

Intussen het die bielieslot Le Roux Roets die afgelope week permanent na Durban verhuis. Hy sou vanjaar weer as leenspeler vir die Haaie diens gedoen het, maar die KwaZulu-Natallers het nou sy dienste permanent bekom.

Pumas: Devon Williams, Morné Joubert, Sebastian de Klerk, Ali Mgijima, Tapiwa Mafura, Niel Marais, Dian Badenhorst, Kwanda Dimaza, Phumzile Maqondwana, Francois Kleinhans, Brandon Valentyn, Pieter Jansen van Vuren (k), Ig Prinsloo, AJ le Roux, Morgan Naudé. PLAASVERVANGERS: HP van Schoor, Dewald Maritz, Ruan Kramer, Darrien Landsberg, Michael Benade, Chriswill September, Eddie Fouché, Erich Cronjé.

Meer oor:  Mbombela  |  Pumas  |  Eddie Fouché  |  Bulle  |  Mj Mentz  |  Rugby  |  Jimmy Stonehouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.