Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie oor rooikaart: ‘Dis belaglik’

Eddie Jones, Engeland se afrigter, waarsku dat “belaglike” besluite, soos dié wat Saterdag tot die All Black Scott Barrett se rooikaart gelei het, die Wêreldbeker-toernooi in Japan liederlik kan versuur.

Scott Barrett kry ’n rooikaart teen die Wallabies. Foto: Getty Images

Barrett het ’n rooikaart gekry vir ’n skouerloop wat met Australië se kaptein, Michael Hooper, se kop kontak gemaak het tydens die Wallabies se Bledisloe-sege met 47-26 in Perth.

“Ek het gedink dis belaglik,” het Jones Sondag gesê nadat sy span Wallis met 33-19 in ’n WB-opwarmstryd op Twickenham geklop het.

“ ’n Ou (Hooper) word geduik en hy (Barrett) gaan om die tweede ou in die losgemaal te wees, sy skouer tref die ou se kop en hy kry ’n rooikaart. Ons kan nie dit in die spel hê nie. ’n Bietjie gesonde verstand moet soms seëvier.”

Wêreldrugby, die spel se beheerliggaam, het skeidsregters vanjaar beveel om spelers af te stuur vir gevaarlike duikslae rondom die kop of nek, ongeag wat daardie speler se bedoeling was. Die idee is om die spel veiliger te maak.

Volgens Jones kon twee voorvalle in die wedstryd tussen die Rose en Rooi Drake Sondag tot rooikaarte gelei het onder die nuwe, streng interpretasies van die reëls. Hy bepleit bestendigheid wat die toepas van dié reëls betref tydens die WB-toernooi, wat van 20 September tot 3 November duur.

Eddie Jones verduidelik iets aan een van sy spelers voor Engeland se WB-opwarmwedstryd teen Wallis Sondag in Londen. Foto: Reuters

“Ons het Saterdag gesien hoe ’n rooikaart ’n wedstryd beïnvloed. Ons het bestendigheid in daardie gebied van die spel nodig,” sê hy.

“As jy by die WB ’n speler aan ’n rooikaart afstaan soos wat Nieu-Seeland Saterdag het, maak dit die wedstryd baie moeilik.

“Ek dink ons het vandag twee voorvalle gesien waar dit kon gebeur. Ek vra vir Wêreldrugby – al dink ek nie hulle doen iets ooit baie vinnig nie – om ’n bietjie bestendigheid in daardie gebied te kry.

“Anders gaan ons wedstryde sien wat vernietig word deur ’n onbestendige beampte wat ’n besluit neem op grond van ’n onduidelike reël.”

Barrett het Sondag voor ’n tugkomitee verskyn.

Intussen het die Kiwi-rugbyskrywer Ian Anderson ook gekla oor onbestendigheid in die reëls in ’n rubriek op Stuff.co.nz met die titel ‘Onbestendigheid in rugbyreëls onthul in Samu Kerevi se ‘hou’ teen Beauden Barrett’.

Anderson voer aan die voorval waarin die Wallaby-senter Samu Kerevi bo-oor die All Black-heelagter Barrett gestoomroller het, was net so gevaarlik soos sy broer, Scott, se rooikaart-oortreding.

“So waarom is Kerevi nie gestraf nie, wanneer Wêreldrugby houe teen die kop en nek probeer uitroei?” wil Anderson weet.

Hy maak die punt dat dit belaglik is dat slegs harde houe deur ’n verdediger, en nie ’n aanvallende speler nie, met rooikaarte bestraf word. – Reuters, Stuff.co.nz

Meer oor:  Wallis  |  Rugbykampioenskap  |  Wêreldrugby  |  Eddie Jones  |  All Blacks  |  Rooikaart  |  Scott Barrett  |  Engeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.