Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie sal Farrell-hulle nie oorsien
Eddie Jones, die Engelse afrigter, praat met Engeland se kaptein, Owen Farrell. Farrell is een van die talle Saracens-spelers in die Engelse span. Foto: Getty Images

Eddie Jones sal sy spankeuses slegs op spelpeil grond en Saracens se spelers het dus steeds ’n goeie kans om vir Engeland te speel, selfs al is dié span uit die Engelse Premierliga gerelegeer.

Saracens sal in die nuwe seisoen in die tweede liga van Engelse rugby deelneem nadat hulle gestraf is vir oortredinge wat salarisperke betref.

Verskeie toetsspelers, soos Owen Farrell, Jamie George, Elliot Daly, Billy Vunipola en sy broer Mako, het hulle reeds desondanks tot die klub verbind. Farrell is die Engelse kaptein.

“Daar is geen rede waarom ons nie Saracens-spelers kan kies as hul spelpeil goed is nie,” het Jones, die Engelse afrigter, aan Sky Sports gesê.

“Hulle het verskeie gevestigde spelers wat reeds in baie toetse gespeel het, so hulle sal weet hoe om daardie hoë vlak van rugby vol te hou.

“Van daardie spelers het bykans sonder ophou gespeel sedert verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi, so dit is ’n geleentheid vir hulle om te herlaai.”

Die Premierliga hervat op 15 Augustus nadat dit in Maart vanweë die Covid-19-pandemie opgeskort is. Saracens speel dan teen Bristol Bears in die eerste van hul nege oorblywende Premierliga-wedstryde.

Engeland speel op 31 Oktober teen Italië in Rome in die hervatte Sesnasies-reeks. – Reuters

Meer oor:  Saracens  |  Owen Farrell  |  Eddie Jones  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.