Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engelse keer in Julie terug na Japan

Engeland se rugbyspan gaan in Julie aanstaande jaar ’n reeks van twee toetse teen Japan speel.

Gaan Engeland se afrigter, Eddie Jones, weer kop onderstebo wees ná sy span se reeks teen Japan in Julie? Foto: Getty Images

Luidens ’n nuusverklaring deur die Engelse Rugbyunie (RFU) sal dié twee wedstryde op onderskeidelik die vierde en 11de in Oita en Kobe gespeel word.

“Japan was ’n wonderlike gasheerland en ons voel geëerd dat ons deel daarvan kon wees. Die Engelse groep het ’n fantastiese ervaring gehad en ons is opgewonde om te kan terugkeer,” sê Eddie Jones, Engeland se afrigter.

“Die Japanse span het in die WB-toernooi bevestig hoe goed hy is en ek weet dit gaan vir ons ’n groot toets wees.”

Engeland en Japan het nog net twee keer teen mekaar in amptelike toetse gespeel. Albei wedstryde is deur die Rose gewen – 35-15 op Twickenham in November verlede jaar en 60-7 in 1987 toe hulle in ’n Wêreldbeker-wedstryd in Sydney kragte gemeet het. – Stephen Nell

Meer oor:  Eddie Jones  |  Japan  |  Engeland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.