Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie tree in bres vir sy eweknie

Gee vir Wayne Pivac tyd.

Dít is die pleidooi van Eddie Jones, Engeland se afrigter, aan kritici van sy eweknie van Wallis se rugbyspan voor Saterdag se Nasiesbeker-kragmeting tussen dié spanne op die Parc y Scarlets in Llanelli.

Pivac het ná verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan die leisels by Warren Gatland geneem en die Drake het sedertdien glad nie waffers vertoon nie. Hulle het hul Sesnasies-veldtog weliswaar met ’n oorwinning van 42-0 oor Italië begin, maar daarna ses keer verloor voor verlede naweek se onoortuigende oorwinning van 18-0 oor Georgië.

Wallis het twee keer elk teen Frankryk en Ierland verloor en het ook nederlae teen Engeland en Skotland gely.

Die afrigter Wayne Pivac loop onder kritiek deur omdat Wallis vanjaar teleurstellend vertoon het. Foto: Getty Images

Dít met ’n span wat tot die halfeindronde van verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi gevorder het.

Jones verwag egter dat Pivac die skip op koers sal kry.

“Dis ’n moeilike tyd. Die media en ondersteuners kritiseer hom. Hy sal nou die druk voel, maar hy’s ’n goeie afrigter en sal uitstekend vaar as hy tyd gegun word,” sê die Rose se afrigter.

“Hy het die leisels by ’n suksesvolle afrigter in Warren geneem en wil op ’n effense anderste manier speel. Dít sal altyd met kritiek gepaard gaan. Ek kan onthou hoe Warren onder kritiek deurgeloop het vir die speelstyl wat hy destyds gevestig het.

“Wayne het baie goed gevaar by die Scarlets en verdien die kans om vir Wallis af te rig.”

• Wallis en Engeland pak mekaar Saterdag om 18:00, waarna Frankryk en Italië om 22:10 (SA tyd) in Parys kragte meet. Ierland en Georgië sê mekaar Sondag om 16:00 in Dublin die stryd aan. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Rose  |  Nasiesbeker  |  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Eddie Jones  |  Wayne Pivac
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.