Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eddie trek Pumas se toutjies

Jimmy Stonehouse het die Pumas se nr. 10-trui aan Eddie Fouché toevertrou vir Vrydag se Curriebeker-wedstryd teen die Leeus in Johannesburg.

Eddie Fouché duik oor vir ’n drie teen die Bulle in Pretoria. Hy sal die Pumas se nr. 10-trui teen die Leeus dra. Foto: Gallo Images

Fouché is een van ses veranderinge aan die beginspan wat Sondag teen die Westelike Provinsie in Mbombela verloor het. Die meeste veranderinge is genoodsaak deur beserings.

Fouché (23) vervang Niel Marais, terwyl Devon Williams die laaste vesting sal beman in Gerrie Labuschagne se plek. Sebastian de Klerk is die nuwe regtervleuel in die plek van Jade Stighling.

Teen die WP het die Pumas maar min slaankrag agterlangs gehad, so daar rus ’n groot verantwoordelikheid op Fouché se skouers.

Voorlangs is daar twee nuwe flanke. Khwezi Mafu en Daniel Maartens neem die plekke van Phumzile Maqondwana en Francois Kleinhans. Maqondwana bevind hom op die plaasvervangersbank.

Op slot sal die oud-Valk Shane Kirkwood sak in die plek van Darrien Landsberg.

Ivan van Rooyen, afrigter van die Leeus, het slegs een verandering aan die beginspan wat Sondag teen die Bulle verloor het, aangebring. Foto: Gallo Images

Stonehouse, afrigter van die Pumas, maak dit duidelik dat ’n oorwinning vir sy span nie onderhandelbaar is nie. Die Laevelders het hul laaste twee wedstryde verloor.

“Ons moet punte kry. Maar die Leeus (laaste op die punteleer) bevind hulle in dieselfde bootjie,” sê Stonehouse.

“Hul skrums is beslis hul sterkpunt en hulle sal ons daar probeer aanvat, maar hulle is ook baie goed met hul rolmaalbewegings.

“Daarby sal die Leeus probeer om van enige plek van die veld af te hardloop en sodoende die tempo van die wedstryd te verhoog.”

Intussen het Ivan van Rooyen, afrigter van die Leeus, slegs een verandering aan die beginspan gemaak wat Sondag teen die Bulle in Pretoria verloor het.

Sibusiso Sangweni sal die Leeus se nr. 6-trui dra vir Vrydag se kragmeting in Johannesburg in die plek van Roelof Smit. Laasgenoemde het ’n besering teen die Bulle opgedoen.

Toe die Pumas en Leeus in Junie in Mbombela slaags was, het die Laevelders gemaklik met 39-10 gewen.

Leeus: Wandisile Simelane, Rabz Maxwane, Manuel Rass, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Jordan Hendrikse, André Warner, Francke Horn (k), Vincent Tshituka, Sibusiso Sangweni, FP Pelser, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, PJ Botha, Ruan Dreyer. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Sti Sithole, Jannie du Plessis, Reinhard Nothnagel, Ruhan Straeuli, Morné van den Berg, Fred Zeilinga, Stean Pienaar.

Pumas: Devon Williams, Sebastian de Klerk, Erich Cronjé, Matt More, Etienne Taljaard, Eddie Fouché, Ginter Smuts, Willie Engelbrecht, Khwezi Mafu, Daniel Maartens, Pieter Jansen van Vuren (k), Shane Kirkwood, Ig Prinsloo, Simon Westraadt, Dewald Maritz. PLAASVERVANGERS: Eduan Swart, Ruan Kramer, Etienne Janeke, Kwanda Dimaza, Phumzile Maqondwana, Chriswill September, Ali Mgijima, Jade Stighling.

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

TV-skeidsregter: Aimee Barrett-Theron.

TV: 16:45 op SS Grandstand (201), SS Rugby (212) en GDN.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.