Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Loftus: Vreemde, maar trotse gevoel

Dit was ’n vreemde gevoel, maar terselfdertyd ’n trotse oomblik toe hy Maandag by Loftus Versfeld se voorportaal ingestap het, sê Edgar Rathbone, nuwe uitvoerende hoof van die Blou Bulle.

Edgar Rathbone, hier nog by Ellispark, het die Leeukuil Maandag amptelik vir Loftus Versfeld verruil. Foto: Verskaf

“Ek moet bieg, dit was nogal vreemd. Ek het die afgelope sewe jaar Ellispark toe gery. Ek is baie opgewonde om nou hier te wees en die nuwe uitdaging aan te pak.”

Dié voormalige besturende direkteur van die Ellispark-stadion het egter nie tyd om in sy nuwe kantoor die uitsig oor die beroemde tuisveld van die Bulle te geniet nie.

Voordat hy behoorlik op sy taak kan fokus, moet hy “eers deur al die strukture gaan en die administrasie bywerk”, sê hy.

“Die raad en Stefan Crouse (wat in die Bulle-raad dien) was gelukkig die laaste ruk baie betrokke.

“Wanneer Jake môre (Woensdag) hier aankom, sal ons in alle erns met die beplanning begin.”

Jake het al oral sukses behaal en sy ervaring sal baie waardevol wees.

Rathbone, wat op 33 een van die jongste uitvoerende hoofde nog in Suid-Afrikaanse rugby is, sê dit is vir hom ’n gerusstelling dat hy die nuwe pad by die Bulle saam met White kan stap.

Weens die koronavirus-pandemie kon die oud-Springbok-afrigter nie sedert sy aanstelling as die Bulle se direkteur van rugby in Maart van Kaapstad na Pretoria reis nie.

“Jake het al oral sukses behaal en sy ervaring sal baie waardevol wees. Hy sal my hand baie versterk.”

Van Rathbone sal verwag word om so gou moontlik stabiliteit by die Bulle te vestig.

Sy voorganger, Alfons Meyer, het in April onverwags uit die pos bedank en dít het gevolg kort nadat Alan Zondagh, in Februarie versoek het om van sy pos (direkteur van rugby) vrygestel te word.

Pote Human, die hoofafrigter, het sy betrokkenheid by die Bulle beëindig ná die aankondiging dat White van volgende seisoen af ook die hoofbreier sal wees.

Die Bulle het sedert die Covid-19-inperking ook die dienste van verskeie agterspelers soos Warrick Gelant, Manie Libbok, Johnny Kotze, Divan Rossouw en Nafi Tuitavake verloor.

Wat beskou Rathbone as die span se grootste leemte?

“Dit is moeilik om te sê, want die Bulle het nog altyd goeie spelers en afrigters gehad.”

Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU), het Rathbone in die Bulkraal verwelkom en sterkte toegewens met sy nuwe uitdaging om die Ligbloues te laat herleef.

Meer oor:  Edgar Rathbone  |  Loftus Versfeld  |  Pretoria  |  Rugby  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.