Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eerste Liga skop onder Covid-19-wolk af

Met drie rugbywedstryde wat gespeel word, sal ’n mens ná die naweek ’n beter idee hê van wat om hierdie seisoen in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga te verwag.

Luvo Claassen is as die kaptein van ’n erg uitgedunde OP-span vir Saterdag se wedstryd teen die Luiperds aangewys. Foto: Gallo Images

Die twee Oos-Kaapse spanne, die Oostelike Provinsie en Grens, sal albei Saterdag tuis in aksie wees.

Die OP kom om 15:00 in die Wolfson-stadion in Kwazakhele net buite Gqeberha teen die Luiperds te staan en die Grens-Bulldogs speel om 14:00 op Polisie-park in Oos-Londen teen die Griffons.

Die OP en die Luiperds se voorbereiding is erg deur Covid-19 ontwrig. Veral die OP-span lyk kwaai uitgedun.

In die lig van die OP se vertonings sover hierdie seisoen, sal dit bitter min vertroue by die span se ondersteuners inboesem.

Volgens die kompetisie-reëls sal ’n wedstryd as 0-0 gelykop beskou word as dit weens Covid nie gespeel kan word en daar nie genoeg tyd is om dit te herskeduleer nie.

Die span wat nie vir die kansellasie van die wedstryd verantwoordelik was nie, sal egter vier ligapunte kry.

As albei spanne nie kan speel nie, sal elkeen twee punte kry.

• In die naweek se ander wedstryd is die SWD-Arende en Valke Vrydagaand in George slaags. – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Eerste Liga  |  Covid-19  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.