Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Einde van Pro14-pad vir Cheetahs

Dis nou amptelik: Die Cheetahs is uit die Pro14-reeks nadat die hoofraad van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Dinsdagmiddag besluit het dat die Bulle, Haaie, Leeus en Stormers voortaan aan ’n uitgebreide weergawe van dié kompetisie sal deelneem.

Ruan Pienaar en sy Cheetah-spanmaats is uit die Pro14-reeks geboender. Foto: Gallo Images

Daarmee groet Saru ook sy Sanzaar-vennote op streeksvlak en is die Superrugby-reeks in sy huidige formaat daarmee heen.

Terwyl die Suid-Afrikaanse Rugbyunie nog nie amptelik ’n aankondiging gemaak het nie, het die Vrystaat self in ’n nuusverklaring die kat uit die sak gelaat.

Daarin word gesê dat hy onderhandel het vir ’n deelname aan ’n Super8-toernooi – waarskynlik teen Australiese en Nieu-Seelandse spanne – en bykomende inkomste sal ontvang.

Dié toernooi sal straks net ’n maand lank duur.

Dis onseker of die Vrystaat hom tot die howe sal wend om sy Pro-status te behou. Harold Verster, besturende direkteur van die Vrystaat-Cheetahs, sê in die verklaring dat die Cheetahs “hul regte voorbehou”.

Hy sê wel die Cheetahs se raad moet hul sakemodel in heroënskou neem en oor die pad vorentoe besluit.

Rapport het vroeër berig dat Wim Trengove SC, een van Suid-Afrika se top-advokate, reg is om die stryd namens die Cheetahs te voer.

Daar is bespiegel dat die Cheetahs nou tot R30 miljoen per jaar in borgskappe en TV-regte kan verloor. Dis onwaarskynlik dat ’n Super8-toernooi geheel en al daarvoor sal kan vergoed.

• Meer volg later.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.