Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Einde van ‘vonnis’ op kantlyn vir Oupa

Die Springbok-losvoorspeler Oupa Mohoje kan teen die einde van die komende SuperSport-uitdaagreeks dalk sy terugkeer tot die spel maak.

Die Cheetahs-afrigter, Franco Smith, het die hoop uitgespreek dat Mohoje op sy pos sal wees wanneer die Curriebeker-reeks begin. Die Vrystaat-Cheetahs se eerste Curriebeker-wedstryd is op 19 Julie teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria.

Oupa Mohoje in aksie in die Curriebeker-reeks teen die Blou Bulle verlede jaar, twee weke voor sy besering. Hy kan moontlik sy terugkeer tot die veld teen die einste Blou Bulle maak. Foto: Gallo Images

Die 28-jarige Mohoje het sy knie in September verlede jaar vroeg in die Cheetahs se eerste Pro14-wedstryd teen Munster in Limerick beseer.

Smith het benadruk hulle sal eers kyk of hy ten volle herstel het alvorens daar ’n besluit geneem sal word oor wanneer om hom te laat speel.

“Hy moet ’n goeie voorseisoen hê en dit beteken wanneer hy fiks en sterk genoeg is om te speel, sal hy oorweeg word.

“Dit kan wees dat hy teen die einde van die SuperSport-uitdaagreeks reeds ingespan kan word,” sê Smith.

Toe Mohoje oorspronklik beseer is, is verwag dat sy herstelproses tot nege maande sou duur.

Mohoje was die laaste maand of wat besig om op sy eie te oefen nadat hy maande lank net in die gimnasium gewerk het.

Hoewel die pad na herstel van sy geskeurde ligamente weliswaar vinniger was as wat verwag is, het die mediese span besluit om nie sy terugkeer te verhaas nie.

“Ek is net bly dat my tyd langs die veld vinnig besig is om uit te loop en dat ek binnekort kan speel,” sê Mohoje.

Hy sê die knie het met tye baie gepyn en dat hulle die voet toe so ’n bietjie van die versneller moes haal wat die rehabilitasie betref.

“Daar was ’n paar oomblikke toe ek dinge (met die rehabilitasie) moes stadiger vat, maar die herstelproses was steeds vinniger as wat aanvanklik verwag is.”

Hoewel hy brand om te speel, sal hy hom berus by die besluit van die afrigtingspan oor wanneer hy sy terugkeer kan maak.

“Natuurlik sal die fisioterapeut ook besluit wanneer hy voel ek 100% reg is om weer te kan speel. Ek gaan nie haastig wees nie.”

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Cheetahs  |  Supersport-Uitdaagreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.