Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ek is jammer, sê Corné Krige 16 jaar later
Corné Krige het die Bokke in 2002 aangevoer. Foto: Getty Images

Die voormalige Springbok-kaptein Corné Krige het om verskoning gevra vir ’n gevaarlike hoogvat op die Engelse skrumskakel Matt Dawson, 16 jaar ná afloop van die toetswedstryd.

BBCSport berig beeldmateriaal van Krige se plettervat doen weer die rondte op sosiale media, met Dawson wat sê hy was “in die volgende dag in gestamp” en dat hy bekommerd is oor sy langtermyngesondheid as gevolg van sulke duikslae.

“Ek is onvoorwaardelik jammer. Ek was en is steeds verleë oor my gedrag daardie dag,” sê Krige.

“Ek hoop my kinders sien nooit daardie video nie.”

Die voorval het in 2002 in die 53ste minuut van die Bokke se nederlaag met 3-55 teen die Rose op Twickenham gebeur.

Dawson sê hy kan nie die voorval onthou nie en dat hy aanhou speel het “vir 10 of 15 minute en al my klubrugby-bewegings uitgeroep het” in plaas van Engeland se bewegings.

Die Bokke moes vanaf die 24ste minuut met 14 spelers klaarkom nadat die slot Jannes Labuschagne met ’n rooikaart van die veld gestuur is omdat hy die losskakel Jonny Wilkinson laat geloop het.

Engeland is boonop ’n strafdrie in die tweede helfte toegeken vir Werner Greeff se hoogvat op Phil Christophers.

Die Bokke is ná afloop van die wedstryd deur die Engelse gekritiseer vir hulle taktiek.

Phil Larder, Engeland se hulpafrigter, het die Bokke daarvan beskuldig dat hulle “die lyn met ’n myl oortree” het, terwyl sir Clive Woodward, die hoofafrigter, gesê het “almal in die sport moet gaan kyk na wat in die wedstryd gebeur het”.

Wêreldrugby het die laaste paar jaar streng opgetree teen verdedigers wat kontak maak met hul teenstanders se kop.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Corné Krige  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.